Friday 18 July 2014

’n Stroperige, klam suurlemoenbroodjie



’n Stroperige, klam suurlemoenbroodjie
Jy het nodig:
75g botter by kamertemperatuur
300g strooisuiker...
2 eiers
250g bruismeel

2ml sout
125ml melk
gerasperde skil van 1 suurlemoen
sap van 2-3 ryp, sappige suurlemoene
Só maak ’n mens:
1. Voorverhit die oond tot 180°C. Smeer ’n broodpannetjie van naastenby 25 x 10 x 7cm en voer dit met waspapier uit (of jy kan dit net deeglik met kleefwerende kossproei bespuit).
2. Klop die botter, 200g (1k) van die strooisuiker en die eiers goed saam.
3. Sif die bruismeel en sout saam.
4. Roer die meelmengsel en die melk beurtelings by die eiermengsel. Voeg die suurlemoenskil by en meng.
5. Skep die deeg in die pannetjie en bak die broodjie 45 tot 60 minute op die middelste oondrak tot gaar. Toets met ’n toetspen of die broodjie gaar is deur dit in die middel van die broodjie in te steek. As dit skoon uitkom, is die broodjie deurgebak.
6. Meng die oorblywende 100g strooisuiker en suurlemoensap.
7. Prik die broodjie hier en daar met ’n vurk sodra dit uit die oond gehaal is. Gooi die suurlemoenstroop stadig oor die warm broodjie. Laat dit in die pannetjie afkoel.
8. Keer uit wanneer afgekoel en dien die broodjie in snytjies gesny op.
– Uit Huisgenoot wenresepte 2