Thursday 10 July 2014

Vinnige boontjiebredie




Vinnige boontjiebredie

Genoeg vir: 4-6
Bereidingstyd:
15 minute
Gaarmaaktyd:
25 minute

• 20 ml olyfolie
• 1 ui, gekap
• 2 knoffelhuisies, gekap
• 20-30 ml Marokkaanse spesery-vryfmengsel
• 4-6 bruinsampioene, gesny
• 1 rooi en 1 geel soetrissie, pitte verwyder en in blokkies gesny
• 1 blik gekapte tamaties
• 1 blik botterbone, gedreineer
• 1 blik borlotti-bone, gedreineer
• 125-250 ml groente-aftreksel
• gaar koeskoes en vars koljander of roket om voor te sit

1 Verhit die olie in ’n kastrol. Soteer die ui, voeg die knoffel by en roer dit vir ’n paar minute. Gooi die speserye en dan die sampioene, soetrissie en tamatie by. Verhit dit tot kookpunt.

2 Laat die groente vir 10 minute prut, voeg die boontjies en aftreksel by en prut dit vir nog 5-10 minute of tot die groente sag is. Sit voor met koeskoes en koljander of roket.