Thursday 10 July 2014

Ontbyt in ‘n kolwyntjiepan




Ontbyt in ‘n kolwyntjiepan
Bestanddele
...
8 eiers
½ koppie melk
1 koppie Cheddarkaas
sout
swartpeper
1 ui, fyngekap
1 pakkie varkworsies, opgesny

Metode
Voorverhit die oond tot 180ºC.
Voer 'n muffin of kolwyntjiepan uit met kolwyntjie-papierhouertjies.
Klits die eiers, melk en kaas in ‘n mengbak en geur goed met sout en swartpeper.
Braai die ui in ‘n bietjie olie tot goudbruin en gaar.
Voeg die worsies by en braai tot bros.
Skep ‘n lepelvol van die uie in elkeen van die kolwyntjiehouers.
Giet die eiermengsel daaroor en vul tot net onder die rand.
Bak vir 15- 20 minute of tot eier stol.
Bedien warm.
Variasies:
Bros spek
Gekapte geel of rooi soetrissies
Gekapte tamaties
Gekapte spinasie