Thursday 10 July 2014

Meellose Groente Pizza




Meellose Groente Pizza
½ blomkool, gekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 k gerasperde Cheddar kaas
1 eier, geklits
½ t droë basiliekruid
½ t oregano
Bolaag*
1 e basiliekruidpesto of tamatiepasta
1 k gerasperde mozzarella kaas
10 olywe, ontpit
gaar sampioene en/of soetrissie en/of gaar spinasie
boconcini of feta kaas
Plaas die blomkool in die mikrogolf of kook tot sag. Meng die res van die bestandele by en verwerk tot fyn in ‘n voedselverwerker.
Smeer die pasta op 'n gesmeerde bakplaat, sowat 1,5 cm dik. Bak sowat 20 minute by 180°C tot stewig en bruin om kante. Smeer basiliepesto of tamatiepasta oor en sprinkel gerasperde mozzarella-kaas op. Stapel die olywe, groentes en ekstra kaas van jou keuse bo-op. Bak 10 minute tot die kaas gesmelt is.
*Vir die bolaag gebruik jou verbeelding. Jy kan dit ook met tamatiepasta smeer en dan die basiliekruidpesto bo-oor die groente skep.
(Pasella)