Monday 7 July 2014

VERJAARSDAGPASTEI



VERJAARSDAGPASTEI

JY BENODIG:
2 velle gekoopte skilferkorsdeeg
2 eisbeins...
4 ontbeende hoenderfilette
1 koppie tiemie
1 groot ui, gesny
2 selderystokke, gesny
2 wortels, geskil en gesny
100g bruinsuiker
1ℓ water
swartpeper

METODE:
Kook eisbein-vleis met ½ koppie tiemie, water, ui, wortels, seldery en bruinsuiker vir 3 ure. Laat afkoel. Ontbeen en breek vleis op in klein stukkies. Hou die water waarin dit gekook is, dreineer en verminder in die pot tot die helfde. Verkoel sous (dit sal dik word). Rol 1 vel deeg uit en voer die bodem en kante van ’n losboompan uit.

Plaas hoender filette tussen kleefplastiek en slaan met ’n koekroller tot dit plat is. Voeg ½ koppie tiemie en swartpeper by die eisbein vleis. Pak lae in die losboompan en wissel af tussen eisbein vleis en hoender. Rol die ander vel deeg uit en plaas bo-op die pastei. Sny ’n gaatjie met ’n skerp mes in die deeg bo. Smeer deeg met geklitse eier. Plaas in die oond en bak vir 1 uur teen 180˚C.

Verwyder pastei uit die pan en smeer die kante met eier. Plaas terug in die oond vir 15 minute. Verwyder paste en laat afkoel. Plaas pastei in die yskas vir 3 ure. Maak die sous ’n klein bietjie warm sodat dit net net vloei. Gooi die sous by die gaatjie bo-op die pastei in sodat dit tussen die vleis inloop. Die sous sal dan stol binne in die pastei.

Sny en bedien koud.