Monday 7 July 2014

Planne met roereier ...




Planne met roereier ...
Berei die basiese roereier-mengsel en kies een van die opsies om as geurmiddel te gebruik.

Bestanddele
8 ekstra groot eiers (2 eiers per persoon)
15 ml (1 eetlepel) water per eier
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Sampioen en feta (Vulsel 1)
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
250 g sampioene, in kwarte gesny
10 ml (2 teelepels) botter
1 skyf fetakaas of ander kaas van jou keuse, in blokkies gesny
2-3 sprietuie, in skyfies gesny
Forel of tuna en dille (Vulsel 2)
15 ml (1 eetlepel) olyfolie
100 ml gladde maaskaas of suurroom
100 g forel, in repies gesny of 1 blikkie tuna, gevlok
30 ml (2 eetlepels) gekapte vars dille of 10 ml (2 teelepels) gedroogde dille

Metode
Klits eiers en water saam. Berei die bestanddele vir die vulsel van jou keuse.
Vulsel 1: Verhit helfte van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan en soteer sampioene tot sag. Voeg orige olie by. Skink eiermengsel oor sampioene en verlaag hitte. Laat eier begin stol en roer stadig tot gaar, maar moenie te veel roer nie. Roer kaas en sprietuie by, geur met sout en peper en sit met rooster- of vars brood voor.
Vulsel 2: Verhit helfte van die olie oor matige hitte in ’n groot braaipan en voeg eiermengsel by. Verlaag hitte en voeg maaskaas of suurroom by. Laat eier begin stol en roer stadig. Voeg forel of tuna en dille by voor die eiers gaar is. Geur met sout en peper en sit met rooster- of vars brood voor.