Monday 7 July 2014

Spekvleis-quiche





Spekvleis-quiche

1 rol (400 g) skilferkorsdeeg
4 eiers
80-125 ml (1/3 -½ k) volroommelk
sout en peper
250 ml (1 k) sterk cheddarkaas, gerasper
250 g repiespek
ui- of parmesaankaassprinkels
Voorverhit die oond tot 190 °C.
  1. Voer ’n tertpan van 20 cm met die deeg uit en verkoel.
  2. Klits die eiers en melk saam. Geur goed met sout en peper.
  3. Sprinkel die kaas in die tertpan.
  4. Giet die eiermengsel oor. Pak die spekvleisrepies bo-op en rond af met die sprinkels.
  5. Bak 45 minute tot gaar. Sit voor met slaai.
WENKE
  • Vervang die skilferkors met filodeeg.
  • Maak jou eie broskors: Verwerk 375 ml meel en 125 g koue botter tot dit soos broodkrummels lyk. Meng 1 eiergeel en 25 ml (5 t) yswater, giet by en verwerk die mengsel tot dit net bind. Vorm in ’n bol, verkoel en rol uit.