Thursday 17 July 2014

Vark-en-rysroerbraai




Vark-en-rysroerbraai
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minute...
Gaarmaaktyd: 20 minute

• 15 ml olie
• 4 gerookte varkrepe, in blokkies gesny
• 2 preie, gekap
• 1 knoffelhuisie, in dun skyfies gesny
• 1 duim vars gemmer, gekap
• 1 rooi brandrissie, ontpit en gekap
• 250 g sampioene, gekap
• 2 koppies gaar rys, afgekoel
• 4 ekstragroot eiers
• 15 ml sojasous
• 5 ml vissous
1 Verhit ’n wok of braaipan tot lekker warm. Gooi die olie daarin en braai die vark vir 2–3 minute tot goudbruin. Voeg die preie, knoffel, gemmer, brandrissie en sampioene by en roerbraai vir nog 2–3 minute of tot die sampioene ook bruin is.
2 Roer die rys deur tot goed gemeng en verhit tot deurwarm. Skuif die roerbraai na die kant van die pan en breek die eiers een-een in die pan. Roerbraai die eier tot gaar en meng dit deur die rysmengsel. Sprinkel met soja- en vissous en sit dadelik voor.
(Tuis)