Thursday, 17 July 2014
KAAS IN ‘N KORS
KAAS IN ‘N KORS!
Jy benodig
250g sagte roomkaas
100g sagte Feta
100g biltong, fyngerasper
30g songedroogde tamaties, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
1 teelepel gemengde peperkorrels, grofgemaal
120g koringskyfies (soos Fritos)
Metode
Meng roomkaas en Feta saam
Roer biltong, tamaties, knoffel en peper by
Voer ‘n diep ronde bakkie (soos vir sop of nagereg) met plastiekfilm
Skep mengsel in en druk styf vas.
Bedek en plaas in yskas vir 2 tot 3 ure
Maak koringskyfies fyn en gooi in bord
Verwyder kaasvorm uit bakkie en plastiek
Rol in krummels (met plat kant na onder) op klein opdienbord
Bedien met beskuitjies of roosterbrood en slaai