Friday 18 July 2014

Gepiekelde wortelslaai




Gepiekelde wortelslaai
6 wortels (verskillende kleure), geskil
1 e fyn gerasperde gemmer
3 e ryswynasyn...
2 t lemmetjiesap
1 t wit sesamsaad, gerooster
1 t swart sesamsaad, gerooster

4 e olyfolie
1 t sesamolie
sout & peper, na smaak
Gebruik ‘n groenteskiller en sny repe van elk van die gekleurde wortels. Meng die gemmer, asyn, lemmetjiesap en sesamsade. Gooi die olies in ‘n dun stroompie by die mengsel, klits gedurig en geur met sout en peper. Bedruip die wortelrepe met die sous en bedien. Die slaai kan ook in ‘n gesteriliseerde fles gestoor word, in die yskas.