Tuesday, 22 July 2014

TERT MET GEBAKTE KNOFFEL EN HAM




TERT MET GEBAKTE KNOFFEL EN HAM

Jy benodig
1 pak gevriesde broskorsdeeg, ontvries
3 groot of 4 medium knoffelbolle
150g gerookte ham (bacon), in blokkies gesny
1 eetlepel vars pietersielie, fyngekap
200ml melk
2 eiers, geklits
2 snye witbrood, gekrummel
seesout
varsgemaalde swartpeper
Metode
Draai knoffel toe in foelie en bak in oond teen 180˚C vir 45 minute, laat afkoel
Rol deeg uit en voer bodem van medium tertpan
Plaas bakpapier bo-op
Vul met droë boontjies of rys en bak blind teen 190˚C vir 10 minute
Braai ham in warm pan vir 30 sekondes
Meng melk en eiers saam
Meng krummels, pietersielie en ham by en geur liggies met sout en peper
Sny bokant van elke knoffelbol oop, druk vlees uit en meng by
Gooi beslag in kors en bak in oond teen 180˚C vir 25 minute
Bedien warm