Wednesday 23 July 2014

Skinkbordkoek




Skinkbordkoek
Maak: 20 blokkies...
Bereidingstyd: 15 minute
Baktyd: 30-35 minute
Oondtemperatuur: 180 °C

• 235 ml (75 g) kakaopoeier
• 3 ml koeksoda
• 4 groot eiers
• 425 ml (370 g) ligte bruinsuiker
• 180 ml sonneblomolie
• 370 ml (200 g) bruismeel
Versiersel
• 270 ml (250 g) botter of margarien
• 850 ml (450 g) versiersuiker, gesif
• 150 ml (50 g) kakaopoeier, gesif
• 30-50 ml melk
1 Klits die kakao en 200 ml kookwater saam. Klits die koeksoda by en laat vir 10 minute eenkant afkoel.
2 Klits die eiers, suiker en olie saam en roer dan die meel en kakaomengsel daarby in.
3 Gooi in ’n gesmeerde koekpan van 23 x 30 cm en bak vir 30 tot 35 minute in ’n verhitte oond tot ’n toetspen skoon uitkom. Laat afkoel en keer uit.
4 Versiersel Klits die botter tot romerig. Voeg die gesifte versiersuiker, kakao en ’n bietjie melk by. Klits goed tot sag en smeerbaar. Smeer oor die koek. Sny die koek in blokkies om voor te sit.
(Idees)