Monday 28 July 2014

Romany Perske Genot




Romany Perske Genot
Jy het nodig:...
1 blik halwe perskes
Sherry van jou keuse
1 pakkie romany creams
vanilla roomys, of styf geklopte room of vla
So gemaak:
1. Gooi die stroop van die perskes in ‘n aparte koppie.
2. Sit die perskes op 'n bakplaat. Sit 'n romany cream op elke perske en gooi 'n bietjie (omtrent 2-3 eetlepels sherry oor die romany cream.
3. Giet klein bietjie van die stroop oor en bak in die oond op 180 °C tot sherry en die perskesap in die koekie ingetrek het.
4. Bedien met roomys of met room of vla