Tuesday 29 July 2014

Laaikas met blou-en-wit patrone

 

 

Laaikas met blou-en-wit patrone

Jy benodig
• papier met Delftse patrone
• nuwe laaiknoppe (opsioneel)
• wit emalje- of PVA-verf
• modge podge
• handwerkvernis
• verfrollers en -kwaste
• skerp handwerkmes


So maak jy
1
Trek die laaie uit die kas en skroef die knoppe af. As jy nuwe knoppe wil insit en die gate verskil van die oues, moet jy nou nuwe gate boor of die oues opvul soos nodig.

2 Verf die hele kassie en ook die laaie mooi wit – ons het emalje- verf gebruik om die glansvoorkoms te kry. Verf nog ’n laag sodra die eerste laag droog is en laat dit weer goed droog word.

3 Begin nou découpage – ons het geskenkpapier gevind wat perfek oor al die laaie pas. Jy kan ook plakboekpapier of selfs servette gebruik. Knip ’n papierpaneel vir elke laai – merk dit agterop as jy bang is jy raak deurmekaar.

4 Draai die eerste laai op sy agter- kant, verf ’n laag modge podge oor die voorkant en sit die eerste paneel in posisie neer. Verf nog ’n laag modge podge bo-oor en vryf dit glad. Seël dit met ’n laaste laag, as jy wil.

5 Découpage die ander laaie net so. Laat dit heeltemal droog word en sny dan die rande netjies met jou handwerkmes.

6 Seël jou werk met vernis en laat dit droog word.

7 Skroef die knoppe vas en sit die laaie terug.

SLIM IDEE Laat ’n melamien-laaikas meer modern lyk met dieselfde idee.