Monday 28 July 2014

BLOMKOOL EN KAAS HERDERSPASTEI




BLOMKOOL EN KAAS HERDERSPASTEI
BENODIG:...
1 ui en bietjie olie om dit in te braai
4 knoffelhuisies
2 chillies – los uit as jy nie van sterk kos hou nie
1 kg maalvleis
1 blikkie tamatie en uie mengsel
100 ml Worcestersous
100 ml tamatiesous

sout en peper
15 ml origanum
2 blomkole
250 ml melk
100 ml botter – los uit as jy bang is vir vet word
2,5 ml neut
300 ml gerasperde kaas
NOU:
1.sny die ui en braai in n bietjie olie tot glaserig
2.kap die knoffel en chillies fyn en braai saam met die ui
3.maak die rou maalvleis fyn met n vurk en braai tot bruin saam met die uiemengsel
4.gooi tamatiesous, worcestersous, tamatie en uiemengsel, origanum, sout en peper by
5.laat dit prut vir 20 minute – as dit te souserig is kan jy die sous verdik of dit afskep
6.skep die vleis in n oondbak – hou eenkant
7.kap die rou kool fyn in jou voedselverwerker
8.sit dit saam met die melk, botter en neut in n pot bo-op die stoof – kook tot gaar
9.skep dit bo-op die vleismengsel
10.strooi kaas oor
11.bak vir 20 minute tot kaas goudbruin is by 180 grade Celsius
Saam met n slaai is dit n koningsmaal.