Monday 7 July 2014

blaarslaaisop


blaarslaaisop

 

 

Bestanddele
2 koppe blaarslaai
1 liter hoenderekstrak
1 koppie room, of ongegeurde joghurt
handvol gekapte pietersielie
1 aartappel, geskil en in blokkies gesny

Metode
Sny die blaarslaai in groot stukke en spoel af. (jy hoef dit nie droog te maak nie)
Plaas dit in kastrol met die hoenderekstrak en aartappel.
Kook tot die blaarslaai deurskynend is.
Verpulp die mengsel in 'n voedselverwerker.
Sout en peper na smaak.
Voeg die room of joghurt by.
Bedien met pietersielie as garnering.