Tuesday 15 July 2014

PASTAPRET




PASTAPRET
Pastakleursel
Meng ½ koppie alkohol (wat by apteke te kry is, vra vir “rubbing alcohol”) met voedselkleursel in ’n bakkie. Voeg klein hoeveelhede droë pasta by die mengsel en meng versigtig. Hoe groter die pasta, hoe langer voor dit die kleur absorbeer. Laat droog word op waspapier wat bo-op koerantpapier gelê is. Jy kan die alkohol en kleursel ook in ’n Ziploc-sakkie gooi, dit ’n bietjie skud en die pasta binne-in laat lê tot dit mooi gekleur is.
WENK: Jy kan die alkohol met alkoholbevattende handontsmetmiddel vervang.
PastakroonVersier ’n haarband bo-op met helder gekleurde stukkies droë wawiel-pasta (rotelle) sodat dit soos ’n tiara lyk.
Pasta-halssnoerRyg ’n halssnoer van penne of rigatoni van verskillende kleure deur ’n toutjie deur die buise te steek en dit vas te maak. Maak dit estra stylvol deur ’n strikdaspasta- (farfalle-)hangertjie aan die onderste punt vas te knoop.
PastaportretLaat jou kind enige prent wat hy geteken het met pasta versier of definisie gee. Gebruik ronde stukkies pasta vir oë wees, spiraalpasta (fussili), spaghetti of 2-minuutnoedels vir hare en ’n strikdassie (farfalle) onder die ken vir finale afronding.
Groetekaartjies
Versier kaartjies of plakkate met oulike gekleurde pastavorms.

PotloodbekerSny die boonste deel van ’n klein sapboksie los sodat dit oop is. Gom pastavorms in mooi patrone aan die kante vas en spuitverf die hele spulletjie een kleur, soos pienk of blou. Gebruik dit as ’n potloodhouer.