Tuesday, 15 July 2014

Parmesaan Eiers




Parmesaan Eiers
JY BENODIG
6 eiers...
1 eetlepel witasyn
500g jong tamaties
1 ui, grof gekap
1 eetlepel druiwepitolie
1 klein takkie roosmaryn

¼ teelepel borrie
¼ teelepel gemmer
¼ teelepel kaneel
¼ teelepel neutmuskaat
¼ teelepel varsgemaalde swartpeper
70g parmesaan kaas, fyngerasper
growwe seesout
METODE
Vul kastrol ²/³ met water en voeg asyn by. Bring water en asyn tot kookpunt en plaas eiers versigtig in water. Kook eiers vir 6 minute en verwyder van hitte. Plaas tamaties, ui, olie, roosmaryn en speserye in pan of kastrol. Laat prut tamatie en ui tot die uie sag is. Verwyder roosmaryn en skep in ’n vlak oondbak. Dop eiers af en laat staan in die tamatiemengsel. Bedek die eiers met gerasperde parmesaan kaas. Bak in oond teen 180˚C tot kaas begin verbruin (ongeveer 10 minute). Sprinkel liggies met growwe sout en bedien.