Friday 18 July 2014

Aartappel-en-kaasbrood




Aartappel-en-kaasbrood ( Huisgenoot)

Bestandele
450 ml bruismeel
10 ml (2 t) bakpoeier...
1 pakkie (40 g) kaas-en-uie Potato Bake-mengsel
300 g aartappels,
geskil en gerasper
300 ml gerasperde
cheddarkaas
1 eier
150-200 ml melk
Metode
• Voorverhit die oond tot 180 °C
• Smeer ’n swartpot en deksel goed met botter
1. Meng die meel, bakpoeier en Potato Bake saam in ’n groot mengbak.
2. Voeg die aartappels en kaas by en meng goed.
3. Klits die eier en melk saam en voeg by die meelmengsel. Meng tot ’n sagte deeg vorm.
4. Knie op ’n meelbestrooide oppervlak tot die deeg bymekaarkom.
5. Vorm die deeg rofweg in ’n sirkel.
6. Druk liggies plat in die voorbereide pot, plaas die deksel op en bak 45 minute. Haal die deksel af en bak nog 20 minute of tot goudbruin en gaar.