Friday 18 July 2014

Muesli en vrugtestafies



Muesli en vrugtestafies
2 – 3 appels, geskil, ontpit en in skyfies gesny
60ml (4T) sagte bruinsuiker
100g amandels, grofgekap...
100g sagte droë appelkose, fyngekap
80g pitlose rosyne of sultanas, gekap
200ml hawermout
200ml volkoringmeel

5m (1t) bakpoeier
30ml (2T) olie
1 eier, geklits
Plaas die appels in ’n kastrol saam met ’n bietjie water en laat kook. Bedek en laat prut tot die appels baie sag is. Dreineer en puree. Roer die bruinsuiker in en laat afkoel.
Voorverhit die oond tot by 180 grade C en voer ’n gesmeerde 18cm-koekpan uit met bakpapier. Smeer weer. Meng die amandels, appelkose, rosyntjies of sultanas, hawermout, meel en bakpoeier. Meet die appelpuree af en meng 250ml (1k) puree by die olie en eier. Klop deeglik en voeg by die droë bestanddele. Meng goed en skep in die voorbereide koekpan. Smeer dit egalig. Bak vir 40 minute. Laat afkoel en sny in stafies.
Genoeg vir 15 stafies.