Friday 18 July 2014

Rissie-tamatiesop





Rissie-tamatiesop
Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 10 minutes
Gaarmaaktyd: 10 minutes
...
• 15 ml sonneblomolie
• 1 groot ui, gekap
• 250 g spekvleis, gekap
• 1 blik Italiaanse tamatiesop
• 1 blik gekapte tamaties met rissie
• 500 ml volroommelk
• gekapte vars koljanderblare vir garnering
• Franse brood en skyfie kaas om voor te sit
1 Verhit die sonneblomolie en braai die uie en spekvleis tot sag.
2 Gooi die sop, tamatie en melk by en laat dit vir vyf minute prut.
3 Sprinkel gekapte vars koljander bo-oor en sit dit voor met Franse brood en skyfies kaas.