Tuesday 1 July 2014

MODDERPASTEITJIES




MODDERPASTEITJIES
JULLE HET NODIG
 175 g botter
 1 e (15 ml) kakaopoeier
 ½ k (125 ml) strooisuiker
 125 g gemengde droëvrugte soos rosyne of korente, gekap
 200 g koekies (enige soort), fyngedruk
 200 g sjokolade
MAAK SO
1 Smelt die botter in ’n kastrol.
2 Voeg die kakaopoeier en strooisuiker by.
3 Voeg die droëvrugte en fyn gedrukte koekies by.
4 Meng alles goed saam. Die mengsel sal krummelrig wees.
5 Skep die mengsel in ysbakkieholtes – kies ’n ysbakkie wat taamlik soepel is.
6 Druk die mengsel met ’n houtlepel plat.
7 Plaas die ysbakkies sowat 2 uur in die yskas.
8 Breek die sjokolade in stukke en smelt dit in die mikrogolfoond of oor ’n bak warm water.
9 Haal die tertjies uit die ysbakke en rang-skik dit op ’n bord.
10 Giet die gesmelte sjokolade oor die tertjies en smeer dit egalig oor.
VARIASIE Pleks van klein moddertertjies kan jy een groot moddertert in ’n ronde tertbak bak. Voer die bak eers met foelie uit.
WENK Kies ysbakke met vormpies vir koekies wat ekstra deftig lyk.