Tuesday 1 July 2014

Gebakte appels




Gebakte appels...
Gebruik een appel per persoon.
rooi of groen appels
5 ml laevetmargarien per appel
5 ml suiker per appel

Ontklok die appels – dit is nou ’n mooi woord om die stronk in die middel van die appel te verwyder. Plaas die appels in ’n oondbak en sit ’n teelepel laevet-margarien bo-op elke appel. Sprinkel die suiker oor en plaas in ’n voorafverhitte oond teen 180 °C vir sowat 30-40 minute. Sit warm voor.