Thursday 10 July 2014

Lae Koolhidraat Brownies




Lae Koolhidraat Brownies
(Maak sowat 20 brownies)
100 ml olyfolie
100 g versoeter, soos xylitol
100 ml Griekse jogurt
100 g 70% kakao donker sjokolade, in stukkies gebreek
⅔ k appelpuree (160ml)
4 eiers, geklits
150 g fyn amandels
2 t bakpoeier
50 g kakao
150 g haselneute, gekap
Voer 'n 20 cm-vierkantige koekpan uit met bakpapier.
Klits die olie en versoeter saam tot effe romerig. Voeg die res van die bestanddele by en meng goed. Skep in die pan, maak gelyk en bak sowat 20 minute by 180°C tot gaar maar steeds effe wobbelrig in die middel. Laat afkoel in die pan en sny in blokkies. Sif ekstra kakao oor.
(Pasella)