Tuesday 8 July 2014

LUI HUISVROUBOONTJIESOP




LUI HUISVROUBOONTJIESOP
Week 2 sakkies gedroogde boontjies in water tot sag.
Spoel goed af, sit in `n groot kastrol (ek gebruik my 7liter drukp...ot) en gooi water by dat dit omtrent 7cm bo die boontjies is.
Kook todat die boontjies sag is.
Maak die boontjies so fyn soos jou gesin verkies. Gebruik `n aartappeldrukker, of voedselverwerker.
Dit maak so `n dik boontjie puree.
Gooi in +-6 margarienbakkis en vries.

Om te bedien:
Gooi net soveel water soos gevriesde puree in `n bak met sout en peper na smaak en verhit met een of meer van die volgende:
Gebraaide spek
Gebraaide uie
Varksooltjies
Varkskenkel
`n Bietjie oorskiet vleis
Fyngemaakte gaar groente
`n Teelepel van enige soort pakkies-sop
`n Teelepel Oxo of Bovril
Dit lewer +- 4 bekers dik sop vir elke bakkie boontjie-puree.