Wednesday 9 July 2014

Lui-huisvrou beskuit


Lui-huisvrou beskuit

Bestanddele:
2,5 kg (± 18 x 250 ml) volkoringmeel
100 ml bakpoeier
10 ml sout
1 kg margarien of botter
170 g (750 ml) Bokomo Right Start Fibre Plus/All-Bran High Fibre
1 l karringmelk
3 eiers
700 g (875 ml) bruinsuiker
Metode:
1. Voorverhit die oond tot 180°C en smeer vyf broodpanne van 280 x 100 x 70mm goed.
2. Meet die volkoringmeel, bakpoeier en sout in ‘n mengbak af.
3. Vryf die margarien of botter daarin totdat dit soos fyn krummels lyk.
4. Week die graanvlokkies in die karringmelk tot goed uitgeswel en sag.
5. Klits die eiers en suiker goed saam en roer dit tesame met die karringmelkmengsel by die meelmengsel. Meng dit tot ‘n deeg.
6. Vorm gholfbalgrootte bolletjies en plaas dit teen mekaar in die panne.
7. Bak dit 45 minute tot 1 uur of tot gaar. Laat effens afkoel in die panne en keer dit uit op ‘n draadrakkie om heeltemal af te koel.
8. Breek die bolletjies los van mekaar en plaas dit effens uitmekaar op ongesmeerde bakplate. Droog uit by 100°C.