Tuesday 8 July 2014

Klapper en dadelkoekies




Klapper en dadelkoekies
Lewer 30 koekies
Porsiegrootte 1 koekie
250 ml koekmeel (120 g)
250 ml hawermout (90 g )
10 ml bakpoeier
75 ml fruktose
75 ml sagte of "lite" margarien (70 g )
100 g dadels, fyngesny
1 groot eier geklits
5 ml vanieljegeursel
125 ml droë fyn klapper (40 g)
METODE:
Meng koekmeel, hawermout, bakpoeier en frutose Vryf die margarien in die droë bestanddele in totdat dit soos klam broodkrummels lyk. Roer die dadelstukkies by
Voeg die eiers en geursel by die meelmengsel en meng tot 'n klewerige deeg. Laat die deeg ongeveer 15 minute staan sodat dit effens stywer word.
Rol die deeg in okkerneutgrootte balletjies en rol daarna in die klapper. (Die deeg moet effens klewerig wees, anders val die klapper af) Plaas die balletjies op 'n gesmeerde bakplaat en druk effens platter met 'n vurk
Bak vir 25 tot 30 minute teen 160ºC in 'n voorverhitte oond tot goudkleurig en gaar. Laat die koekies op die bakplaat afkoel