Wednesday 9 July 2014

Lui-huisvrou sjokoladekoek



lui huisvrou-sjokoladekoek

 

Metode
2 eiers
1 koppie suiker
1 koppie rogmeel (of gewone meel)
3 teelepels bakpoeier
3 eetlepels kakao
1 koppie yskoue water
1 teelepel vanieljegeursel

Klits die eiers en suiker saam tot romerig.
Sif die meel, bakpoeier en kakao saam.
Meng die water en die vanieljegeursel.
Meng die meelmengsel met die eiermengsel en klits die water by.
Klits dit goed saam en gooi in ‘n ringpan.
Bak teen hoog vir 7 minute in die mikrogolfoond.