Friday 18 July 2014

Beef Wellington




Beef Wellington
Jy benodig:
Bees Fillet 800g...
1 Eetlepel Botter
2 Eetlepels Olyfolie
1 Rol Blaardeeg
1 Eier geklits
2 Eetlepels Olyftapenade
2 Eetlepels Korrelmosterd

Sout en Swartpeper asook swartpeperkorrels na smaak
Peper Sous:
1 Eetlepel Botter
2 Eetlepels Koekmeelblom
250 ml melk
100 ml room
Sout en swartpeper na smaak
Metode vir die Fillet:
Voorverhit die oond tot 200°C
Verhit die botter en olyfolie in ’n swaarboomkastrol tot baie warm
Vryf die fillet goed in met genoeg sout en swartpeper
Skroei nou die fillet reg rondom in die warm botter en olie tot goudbruin
Verwyder van hitte en laat afkoel.
Rol nou die blaardeeg uit in ’n reghoek.
Smeer die olyftapenade en korrelmosterd oor die deeg maar hou die kante skoon
Plaas die fillet op die blaardeeg en bedek met deeg. Druk die kante goed vas en sny orige deeg af
Maak twee of drie snye in die deeg met ’n skerp mes
Verf die hele fillet bo-op met die geklitste eier en bak vir 25 - 35 minute in ’n gesmeerde bak sonder deksel tot die blaardeeg goudbruin is
Verwyder van die oond en laat rus
Peper Sous:
In die kastrol, plaas die botter en verhit tot gesmelt. Roer die koekmeelblom in en meng tot ’n pasta. Voeg die melk, sout en peper by en roer gedurig met ’n draadklitser om klonte te voorkom.
Hou aan roer tot die sous verdik. Voeg die room en swartpeperkorrels by, meng deur en geniet saam met die warm Beef Wellington