Thursday 24 July 2014

Gemmer en Lemoen onderstebo-koek



Gemmer en Lemoen onderstebo-koek

Hierdie koek is vir Pasella gemaak vir deur kosblogger en radiopersoonlikheid Nina Timm. Sy sê dat jy die lemoen met appels, pere, pynappelringe of bessies kan vervang.

2 – 3 lemoene, in ringe gesny
3 e gesmelte botter
100 ml suiker of heuning
10 cm vars gemer, geskil
½ k bruismeel
½ k fyn amandels
1 k strooisuiker
1 k gesmelte botter
½ t sout
3 eiers
1 t bakpoeier
80 ml melk
skil van 1 suurlemoen (optioneel)
Berei jou pan voor deur dit met Spray n Cook te spuit, die bodem met bakpapier te bedek en die gesmelte botter oor dit te smeer. Sprinkel die 100 ml suiker of heuning eweredig in die pan en rasper die gemmer bo-oor.
Pak dan die lemoenringe netjies bo-op. Meng nou die res van die bestandele saam totdat dit romerig is en lig is. Skep oor die lemoenringer in die pan. Bak by 180C vir 30-35 minute of tot ‘n mes skoon uitkom. Laat dit effe afkoel en dop dan om op ‘n mooi bord. Bedien met vars room.