Friday 25 July 2014

Wit Yskas Kaaskoek




Wit Yskas Kaaskoek

Bestanddele:
Kors:
1 pk eat-sum-more koekies (fyn gemaak)...
4 eetl gesmelte botter
Meng koekies en botter en druk vas in tertbak.

Vulsel:
1 blok 200gm wit sjokolade
2 bakkies roomkaas (kamertemperatuur)
1 blik aarbeie (goed gedreineer)

Metode:
Smelt sjokolade in mikrogolf oond. Meng roomkaas by. Skep helfte bo-op tertkors en pak die aarbeie bo-oor. Skep die ander helfte van die vulsel oor aarbeie. Plaas in yskas tot gestol. Versier met aarbeie indien verkies.