Sunday 6 July 2014

Beesstert




Beesstert
Jy het nodig vir 4 honger mense:
• 1 beesstert, in porsies gesny...
• 375ml (1½ k) meelblom
• 30ml (2 E) kookolie
• 1 ui, gekap
• 4 knoffelhuisies
• 15ml (1 E) worcestersous

• 250ml (1 k) rooiwyn
• 2 lourierblare
• 10ml (2 t) sout
• 2,5ml (½ t) swartpeper
• 500ml (2 k) beesaftreksel
• 30ml (2 E) bruinsuiker (opsioneel)
Geur die vleis. Bedek die beesstertporsies met die meel, braai dit in ’n bietjie kookolie in jou swartpot en skep dit uit. Braai die ui en knoffel in dieselfde kastrol. Sit die vleis terug in die pot. Voeg die worcestersous, rooiwyn en lourierblare by en geur met sout en peper.
Murgsagte vleis. Giet die beesaftreksel oor, bring dit stadig tot kookpunt (dit moenie skuim maak nie) en laat prut tot die vleis byna van die been afval.
Maak die suur soet(er). Proe aan die kos. Te suur? Voeg ’n bietjie bruinsuiker by. Kook die sous af; dit behoort vanself te verdik omdat die vleis eers in die meel gerol is.