Sunday 6 July 2014

Melkkos met sago



Melkkos met sago
Al wat jy nodig het…...
1 liter volroom melk
4E suiker
2 stukke pypkaneel
twee repies gedroogde lemoenskil (droog is verkieslik, maar gebruik vars as jy nie het nie – so twee lang repies met die groenteskiller is meer as genoeg)
1 koppie sago

⅛t sout
2E botter (nié margarien nie)
botter vir bedien
kaneelsuiker vir bedien
Gooi die sago in ’n bakkie en bedek dit goed met water. Laat dit week vir 30 minute.
Gooi die melk, suiker, lemoenskil en pypkaneel in ’n pot en verhit stadig. (WENK: ek is mal hieroor net so, as ’n warm melkdrankie net voor bed op ’n koue wintersaand!)
Dreineer die sago en voeg by die warm melk. Kook hom op ’n lae hitte terwyl jy roer. Soos die sago kook verdik hy die melk. (As die melkkos te dik na jou smaak is hier aan die einde, gooi nog so ’n halwe tot een koppie warm melk by. Ek hou daarvan dikkerig.) As die sago eers gekook is – m.a.w die balletjies is deurskynend (dit vat omtrent 20 min), voeg die bottter en sout by en roer deur.
Verwyder van die hitte en verwyder die lemoen en pypkaneel. Bedien onmiddelik in sopborde met tonne kaneelsuiker en (as die duiwel op jou skouer sit, sommer ’n klontjie botter ook). Vir die ekstra lekker, wat van bietjie gesmelte appelkooskonfyt? Tien sekondes in die mikro is al wat hy vra.
http://www.melkkos-merlot.co.za/melkkos-met-sago-en-lemoen/