Sunday 6 July 2014

Pannekoek




¼t sout
¼t bakpoeier
1 koppie meel
1¼ koppie melk
2 eiers...
1E water

gewone kookolie
kaneelsuiker (meng eenvoudig suiker en kaneel)
suurlemoen
Sif die meel, bakpoeier en sout saam. Meng geleidelik die melk by terwyl jy klits. Voeg dan die eiers en water by en klits goed om seker te maak daar’s geen klontjies nie. (Wenk: as klontjies ’n vreeslike probleem is, gooi eenvoudig die lotjie deur ’n sif.) Verhit ’n kwart teelepel olie in ’n kleefvrye pan (ek weet hy’s kleefvry, maar ek gee hom so af en toe olie). Skep ’n groot lepel beslag in die pan en skommel die pan effe om seker te maak die beslag bedek die hele pan. (As jy vind die beslag is te dik, roer nog ’n lepel water by.)
Kook die pannekoek vir ’n paar sekondes tot ligbruin, draai die pannekoek om en braai aan die ander kant. Herhaal met die res van die beslag. Sit voor met die kaneelsuiker en skyfies suurlemoen.