Monday 9 June 2014

Wit sjokolade-ganache




Maak sjok ganache. Om oor koek te gooi, gebruik 1:2 dele sjok:room. Verhit room tot onder kookpunt, kap sjok in kleiner stukke. Gooi room oor sjok en roer tot glad en blink. Laat effe afkoel en gooi oor koek. Sal loop maar stywer raak soos afkoel. Vir koekvulsel gebruik 1:1. Maak soos bogenoem, maar plaas in yskas om koud te word. Klits dan met klitser tot lig en romerig.


Wit sjokolade-ganache

 Jy benodig
• 500ml room
• 200g wit sjokolade, in stukkies gebreek
• 50ml brandewyn of rum (opsioneel)

So maak jy
Verhit die room oor matige hitte. Haal van die plaat af sodra dit begin stoom. Voeg die sjokolade by en roer tot die sjokolade gesmelt is. Laat heeltemal afkoel en verkoel dan minstens vier uur lank in die yskas. Klits die vulsel met ’n elektriese klitser tot dik en romerig.