Monday 9 June 2014

EKONOMIESE GEURIGE HOENDERGEREG





EKONOMIESE GEURIGE HOENDERGEREG - 50ml koekmeel, 5ml sout, swartpeper, 25ml olie, 500g hoenderporsies, 2 gekap uie, 50ml tamatiesoppoeier of h...oenderroomsoppoeier, 250ml water, 25ml blatjang, 1 greenpepper gekap, 125ml water of vrugtesap van jou keuse, 250ml wortelblokkies, 250ml gaar ertjies. METODE - Meng meel, sout en peper. Bedek hoender met die meel. Braai hoender bruin in olie. Voeg uie by en braai sag. Meng soppoeier en water en voeg by. Kook tot verdik. Voeg blatjang, greenpepper, water/vrugtesap, wortels en ertjies by. Prut 20min of tot gaar. VARIASIE - Botterbone in plaas van ertjies kan gebruik word. Kan ook in die mikrogolf gaargemaak word vir 12min by 70%. Porsie 4 tot 6.