Friday 6 June 2014

Fluweelpoeding




Fluweelpoeding
Jy kan enige konfyt gebruik — aarbei-, vye- of frambooskonfyt is ewe lekker.
125 ml suiker
 2 ml sout
 180 ml koekmeelblom
 1 liter volroommelk
 4 eiers, geskei
 60 ml botter
 5 ml vanieljegeursel
 45 ml louwarm appelkooskonfyt
 60 ml strooisuiker
Meng die suiker, sout en koekmeelblom. Verhit die melk tot net onder kookpunt. Giet ‘n bietjie daarvan oor die meel-en-suikermengsel en meng goed. Giet terug by die warm melk en verhit stadig oor lae hitte terwyl geroer word tot verdik. Klits die eiergele en giet die warm melkmengsel daaroor. Meng goed en voeg die botter en vanieljegeursel by. Giet in die voorbereide oondbak en bak vir 40 minute teen 160 °C. Smeer die appelkooskonfyt oor. Klits die eierwitte tot stywe punte vorm en voeg die strooisuiker lepelsgewys by. Klits tot dik en blink. Skep op die poeding en smeer met agterkant van ‘n lepel tot die hele poeding bedek is. Bak vir ‘n verdere 10-15 minute tot die punte liggoudbruin is. Sit warm voor met dun vla.
 Genoeg vir ses mense.