Monday, 9 June 2014
Verskeie resepte uit NG Vroue 1985
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SOETMELK BESKUIT - 750ml melk, 400g botter, 250ml suiker, 3 pakke bruismeel(500g elk), 10ml bakpoeier, 5ml sout, 2ml kremetart, 2 geklits eiers, METODE - Verhit melk, botter en suiker. Roer tot opgelos. Koel af tot lou. Sif meel, bakpoeier, sout en kremetart. Maak holte in meel. Gooi melkmengsel in en meng goed. Maak bolletjies en plaas in gesmeer beskuitpanne. Laat rys 10min. Bak 15min by 200 en dan 45min by 180. Keer uit en koel effe af. Breek versigtig los. Droog uit. Lewer so 8 dosyn beskuite.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KARRINGMELK BESKUIT - 3 pakke bruismeel(500g elk), 15ml bakpoeier, 15ml sout, 500g botter, 4 geklits eiers, 250ml suiker, 1 boksie karringmelk, 250ml melk. METODE - Meng meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in. Klits eiers en suiker. Klits 2 melke by. Voeg by meel en knie deur. Maak bolletjies en sit in gesmeer beskuitpanne en bak 1uur by 180. Breek oop met n vurk en droog uit in oond so 6ure by 70. Lewer so 32 beskuite.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - BROS KARRINGMELK BESKUIT - 500g botter, 750ml suiker, 125ml olie, 1 + 1/4 boksie karringmelk, 4 eiers, 2kg bruismeel(resep sé 4 pakke bruismeel met in hakkies geskryf 500g per pak), 5 x 250ml all bran vlokkies, 20ml bakpoeier, 125ml maizena, knyp sout. METODE - Smelt botter, suiker en olie. Voeg karringmelk en goedgeklits eiers by. Sif droe best. Voeg eiermengsel by en meng. Vorm bolletjies of lang worsies en pak in gesmeerde pan. Laat staan 10min. Bak 1uur by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - ROOSTERKOEKE - 125ml warm water, 2.5kg koekmeel, 20ml droe gis, 62.5ml asyn, 5ml suiker, 62.5ml olie, 37ml sout. METODE - Meng water, gis en suiker. Laat rys. Voeg by meel, olie, asyn en sout. Knie goed tot stywe deeg en laat rys. Strooi meel op tafel en rol deeg uit op meel. Laat weer rys en braai op kole.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SUURDEEG PLANTJIE - 125ml koekmeel, 125ml lou water of melk, 5ml droe gis of 1/4 blokkie gis. METODE - Meng alles in n fles. Laat staan 1 1/2 uur. Knie in meel in. Die resep is geskik om 15 koppies meel in n japtrap te laat rys.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - DADELBROOD - 750ml koekmeel, 375ml suiker, 500g dadels, 75ml neute, 500ml kookwater, 10ml koeksoda, 5ml bakpoeier, 3 eiers, 25ml botter. METODE - Strooi koeksoda oor dadels. Gooi kookwater oor en koel af. Room botter en suiker. Klits eiers by. Sif meel en bakpoeier. Voeg meel en dadelmengsel om beurt by bottermengsel. Voeg neute by. Skep in gesmeer broodpannetjie en bak 1uur by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PRONUTRO BROODROLLETJIES - 1 koekie suurdeeg, 250ml louwarm water, 25ml botter, 5ml heuning, 500ml koekmeel, 500ml pronutro, 10ml sout. METODE - Meng suurdeeg, water, botter en heuning. Wag tot suurdeeg aktief is en voeg dan meel, pronutro en sout by. Knie goed. Voeg bietjie water by indien nodig. Bedek en laat rys. Knie en vorm rolletjies. Laat weer rys. Bak 25min by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VRUGTE TEE BROODJIE - 500g bruismeel, 500g vrugtekoekmengsel, 250g bruinsuiker, 2.5ml sout, 5ml gemeng speserye(mix spice), 1 eier, 500ml flou koue tee(nie rooibos). METODE - Week vrugte oornag in tee. Meng al die droe best en voeg by vrugte wat gedreineer is. Voeg eier by. Meng goed. As te styf is kan bietjie van die tee bygevoeg word. Skep in gesmeer broodpannetjie. Bak 1 1/2 uur by 160.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KLEIN KRAAKKOEKIE - 500g bruismeel, 250g botter, 500ml suiker, 2 xtragroot eiers, 5ml vanilla, knyp sout, fyngemaak graanvlokkies. METODE - Room suiker en botter. Klits eiers by. Roer meel en sout by. Roer vanilla by. Rol balletjies en rol in vlokkies. Druk effe plat en bak by 190 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - HERTZOG KOEKIES MET N DEGIE OOR(nie klapper nie) - 500g botter, 750ml koekmeel, 250ml suiker, 10ml bakpoeier, 2 geklits eiers, knyp sout, melk, appelkooskonfyt. DEGIE - 100g botter, 100ml suiker, 2 eiers, 50ml koekmeel, 5ml bakpoeier. METODE - vryf botter in meel. Voeg by suiker, sout, bakpoeier en eiers en meng. Voeg net genoeg melk by n stywe deeg te kry. Rol uit en voer kolwyntjiepan. Skep n bietjie konfyt in. Klits alles van die degie en skep bietjie oor konfyt. Bak by 180 tot gaar. Die 50ml koekmeel by die degie is reg want dit is n slap degie.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PIESANG EN HAWERMOUTKOEKIES - 250g botter, 250ml suiker, 2 ryp piesangs fyngedruk, 2 eiers, 500ml gesif koekmeel, 5ml bakpoeier, 5ml kaneel, 2ml koeksoda, 2ml neutmuskaat, 3ml sout, 500ml hawermout. METODE - Room botter en suiker. roer piesangs by. Klits eiers by. Sif meel, bakpoeier, kaneel, koeksoda, neut en sout. voeg met hawermout by en meng. Skep teelepelsvol op gesmeer bakplaat 5cm uitmekaar. Bak 20min by 190. Lewer so 6 dosyn.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - YSKAS VRUGTESTAFIES - 2 pakkies marie of tennisbiscuits in stukkies gebreek, 1 blik kondensmelk, 125g botter, 250ml suiker, 5ml vanilla, 75ml gekap dadels, 75ml sultanas, 100ml neute, 75ml pitlose rosyne, 75ml gekap kersies, 75ml gemengde skil. METODE - Smelt melk, botter, suiker en vanilla. Voeg biscuits en vrugte en neute by. Druk in tertbak en plaas in yskas 3ure. Sny in stafies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VRUGTEKNAPPERTJIES - 500ml koekmeel, 300ml hawermout, 300ml korente of pitlose rosyne, 300ml klapper, 350ml suiker, 3ml sout, 250g botter, 30ml stroop, 1 geklits eier, 5ml vanilla, 2ml amandelgeursel, 5ml koeksoda opgelos in 20ml melk. METODE - Meng meel, hawermout, korente/rosyne, klapper, suiker en sout. Smelt botter en stroop. Voeg eier en geursels by. Voeg koeksodamelk by. Voeg by droe best en meng. Druk in groot gesmeer bakplaat en bak 20min by 180. Sodra koud sny in blokkies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KONFYTKOEKIES - 500ml koekmeel, 250ml suiker, 2 eiers, 250g botter, 10ml bakpoeier, 5ml vanilla, knyp sout, konfyt van jou keuse. METODE - Room botter en suiker. Klits eiers by. Sif meel, bakpoeier en sout en meng by. Rol klein balletjies. Plaar die balletjie op n gesmeerde bakplaat. Maak n holte in balletjie met jou duim. En skep bietjie konfyt in holte. Bak 10min by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KLAPPER EN HAWERMOUT KOEKIES - 250g botter, 2 eiergele, half pakkie 12.5g koeksoda, 625ml hawermout, 437ml suiker, 25ml gouestroop, 625ml klapper, 625ml koekmeel, knyp sout, 2.5ml vanilla. METODE - Room botter en suiker. Klits eiers by, dan stroop. Los koeksoda op in 25ml kookwater en voeg by. Voeg sout en vanilla by. Voeg droe best by tot stywe deeg. As deeg te styf is kan bietjie karringmelk bygevoeg word. Maak balletjies. Druk effe plat en bak by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KONDENSMELK KOEKIES - 12 x 250ml koekmeel, 1kg botter, 875ml suiker, 1 blikkie kondensmelk, 1 pakkie 25g kremetart, 1 pakkie 25g koeksoda, 12.5ml gouestroop, 4 eiers, 5ml vanilla. METODE - Room suiker en botter. Voeg vanilla by. Klits eiers 1 vir 1 by. Meng stroop en melk by. Meng koeksoda en kremetart met bietjie melk en voeg by. Voeg res best by en meng. Rol uit en druk koekies. Bak by 180 tot gaar. VARIASIE - Vir n lemoengeur voeg by sap en fyngerasper skil van 1 lemoen.
Tereza * N.G Vroue 1985 - PEER MAKROLLETJIES - 250g droe pere(geweek in water en fyngekap op puree te verkry), 250g botter, 250ml suiker, 1 geklits eier, 300g pak rice crispies, 100ml klapper. METODE - Verhit peermoes, botter, suiker en eier. Roer rice crispies en klapper by en meng. Skep in gesmeer bakplaat. Verkoel tot styf. Sny in blokkies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PIESANG ROOMPOFFERTJIES - 250ml kookwater, 115g botter, 250ml gesif koekmeel, 2ml sout, 4 eiers, 500ml room, 25ml strooisuiker, 2 ryp piesangs fyngedruk, 1ml vanilla, 300ml versiersuiker, 75ml kakao, 15ml sagte botter, 30ml kookwater. METODE - Smelt botter in kookwater op stoof. Sodra vinnig kook, roer meel en sout vinnig by met n houtlepel tot n stywe bal vorm en...
nie meer aan pot vassit nie. Haal van stoof en klop 1min. Koel af 5min. Klop eiers 1 vir 1 by. Skep teelepelsvol op gesmeerde bakplaat en bak 10min by 220 en dan 25min by 180. Maak n sny aan 1 kant van poffertjie en laat koud word. Klits room styf. Vou piesangs, suiker en vanilla in. Skep in poffertjieholtes. Sif versiersuiker en kakao. Roer botter en kookwater by tot n dik mengsel. Smeer op poffertjie en laat styf word in yskas. Lewer so 3 1/2 tot 4 dosyn.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - EEN EIER SOETKOEKIES - 6 x 250ml koekmeel, 500ml suiker, 250g botter, 1 eier, 20ml kremetart, 10ml koeksoda, 125ml melk, knyp sout. METODE - kook melk. Smelt suiker in melk. Voeg koeksoda by en koel af. Voeg geklits eier by. Meng meel en kremetart en vryf botter in. Maak aan met melkmengsel. Rol uit, druk koekies en bak by 190 vir 10min.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SOETKOEKIES MET N APPELKOOSVULSEL - 6 x 250ml koekmeel, 250ml vlapoeier, 250ml maizena, 500ml suiker, 500g botter, 5 eiers, 10ml vanilla, 25ml bakpoeier. METODE - Room botter en suiker. Klits eiers 1 vir 1 by. Roer vanilla by. Sif droe best en voeg by. Meng goed. Rol uit of druk deur koekiemaker. Bak by 200 tot gaar. Sit 2 opmekaar met vulsel. VULSEL - Maak n smeerbare pasta van sagte botter, versiersuiker en appelkooskonfyt.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KOFFIEKOEKIES - 5 x 250ml koekmeel, 375ml suiker, 20ml bakpoeier, 15ml koffiepoeier, 18ml gouestroop, 375g botter, 2 geklits eiers, 5ml vanilla, melk. METODE - Room eiers. Voeg botter en suiker by. Voeg vanilla en stroop by. Sif droe best en voeg by. Meng koffie met bietjie melk en voeg by. Maak aan tot stywe deeg. Die resep se nie hoeveel melk so ek stel voor begin by n klein hoeveelheid van so 50ml. Jy kan altyd nog byvoeg. Die deeg moej lekker styf wees. Druk deur n koekiemaker en bak by 200 tot gaar. Sit 2 op mekaar met versiersuiker.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VLAKOEKIES - 750ml koekmeel, 375ml vlapoeier, 250ml suiker, 3 eiers, 250g botter, 20ml bakpoeier, 20ml vanilla. METODE - Meng droe best. Vryf botter in. Klits eiers en vanilla en meng by. Druk deur n koekiemaker en bak by 200 tot gaar. Sit 2 opmekaar met versiersuiker.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - APPELKOOS BLOKKIES - 500ml koekmeel, 10ml bakpoeier, 125g botter, 1 eier, 125ml suiker, 5ml vanilla, appelkooskonfyt. METODE - Room botter en suiker. Klits eier en vanilla by. Voeg droe bestanddele by en meng goed. Druk helfte van deeg in gesmeer pan. Smeer konfyt oor. Rasper res deeg oor. Plaas deeg eers n rukkie in die vrieskas dan rasper dit makliker. Bak by 190 vir 15min. Koel effe af en sny in blokkies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SMELTKOEKIES - 1kg bruismeel, 6 eiers, 4 x 250ml suiker, 500g botter, fyn graanvlokkies. METODE - Vryf botter in meel. Voeg suiker en sout by. Maak aan met geklits eiers. Rol balletjies en dan in fyn graanvlokkies. Druk effe plat en bak by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KOEKIES SONDER EIERS(Ook bekend as Brosbroodkoekies of Short Bread) - 125ml melk, 500ml suiker, 5ml koeksoda, 375g botter, 6 x 250ml koekmeel. METODE - Smelt melk en suiker. Roer koeksoda by en koel af. Vryf botter in meel. Voeg melkmengsel by en meng tot deeg. Rol balletjies en druk effe plat of rol uit en druk koekies. Bak by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - 30 DAE KOLWYNTJIES(Hierdie deeg kan 30dae in n lugdigte houer in yskas gehou word. Gebruik wanneer nodig) - 2 eiers, 375ml bruinsuiker, 125ml olie, 500ml semels, 625ml koekmeel, 500ml melk, 12.5ml koeksoda, 5ml sout, 7.5ml vanilla, 375ml rosyne of gekapte dadels of sultanas of vrugtekoekmengsel. METODE - Room eiers en suiker. Voeg res bestanddele by en meng goed. Bewaar in lugdig houer in yskas. Bak soveel as wat nodig is en bere tot weer benodig. Bak 20min by 180. Bietjie klapper kan ook by deeg gevoeg word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 -GEMMERKOEKIES NR 3 - 1.5kg koekmeel, 1kg suiker, 20ml koeksoda, 1 pakkie 25g kremetart, 7.5ml sout, 25ml gemmer 6 eiers geklits, 500g gouestroop. METODE - Meng al die droe bestanddele. Vryf botter in. Laat staan oornag. Voeg nou die stroop en eiers by en meng tot deeg. Rol balletjies. Druk effe plat en bak by 200 vir 10min.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - EIERLOSE GEMMERKOEKIE NR 1 - 750ml koekmeel, 375ml suiker, 25ml gemmer, 2ml sout, 250g botter, 10ml koeksoda, 125ml warm water, 50ml gouestroop. METODE - Sif meel, suiker, gemmer en sout. Vryf botter in. Los koeksoda op in water. Voeg by meel. Voeg stroop by. Bedek deeg en laat rukkie staan. Rol balletjies en druk effe plat. Bak by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - GEMMERKOEKIES NR 2 - KLITS SAAM - 1 groot eier, 15ml gouestroop, 10ml koeksoda, 30ml melk, 500ml suiker. SIF SAAM - 4 x 250ml koekmeel, 30ml gemmer. VRYF IN MEEL - 250g botter. Meng geklits mengsel by meel. Rol balletjies. Druk effe plat en bak by 200 vir 10min.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - GEMMERKOEKIES NR 1 - 1.5kg koekmeel, 1kg bruinsuiker, 500g botter, 1 pakkie 25g koeksoda, 1 pakkie 25g kremetart, 5 eiers, 25ml gemmer, 250ml gouestroop. METODE - Smelt stroop, suiker en botter. Voeg eiers by. Week koeksoda en kremetart in bietjie melk en voeg by. Meng meel by. Rol balletjies. Druk effe plat en bak by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KARAMEL BLOKKIES - KORS - 500ml koekmeel, 10ml bakpoeier, 62.5ml strooisuiker, 250g botter. VULSEL - 250g botter, 125ml strooisuiker, 50ml gouestroop, 1 blik kondensmelk, 5ml vanilla, 3 x 100g sjokolade. METODE - Room botter en suiker. Voeg meel en bakpoeier by. Druk uit op bodem en kante van konfytrolpan van 45 x 30cm. Bak 15min by 180. Verhit alles, behalwe sjokolade, van vulsel tot kook. Kook 5min. Gooi op kors en koel af. Smelt sjokolade en gooi oor. Koel af en sny in blokkies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - EKONOMIESE FUDGE(Ideaal vir n basaar verkope) - 250ml koekmeel, 250ml water, 6 x 250ml suiker, 10ml vanilla, 1 blik kondensmelk, 125g botter, 45ml gouestroop. METODE - Plaas meel, suiker, melk en water in kastrol. Voeg botter by en smelt alles. As gesmelt is voeg stroop by. Kook tot sagte bal stadium, omtrent 15 tot 20min. Koel af en klits BAIE goed tot amper dik. Gooi in plat pan en sny in blokkies wanneer gestol.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SMULLEKKER FUDGE - 250g botter, 250ml koekmeel, 25ml heuning, 1 blik kondensmelk, 1 blik ideal melk, 6 x 250ml suiker, 12.5ml karamelgeursel, 5ml kremetart, knyp sout. METODE - Smelt botter en meel gelyk en roer tot n pasta. Gooi ideal melk en suiker in n pot en roer tot gesmelt. Roer bottermengsel by. Voeg res bestanddele by en kook op lae hitte 20min terwyl geroer word. Haal van stoof en klits met elektriese klitser vir 10min. Gooi in n pan en koel effe af. Sny in blokkies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MALVALEKKER STAFIES - 62.5ml botter, 30 malvalekkers, 5 x 250ml rice crispies, 5ml vanilla. METODE - Smelt botter in n kastrol. Voeg lekkers by. Kook oor lae hitte terwyl geroer word tot gesmelt is. Haal van stoof. Roer vanilla en dan rice crispies by. Koel af. Druk in gesmeer pan. Sny in stafies en verkoel.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - FUDGE KOEKIE BLOKKIES - 500g botter, 2 eiers, 25ml kakao, 5ml vanilla, 1 1/2 pakke mariebiscuits in 5c grootte stukkies gebreek, 500g versiersuiker. METODE - Smelt botter. Voeg versiersuiker en kakao by. Klits eiers en voeg by. Voeg geursel by. Meng biscuits by. Druk in plat gesmeer bak. Plaas in yskas tot afgekoel. Sny in blokkies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - HEUNING TEESKONS - 500ml koekmeel, 20ml bakpoeier, 1ml sout, 175ml melk, 50ml olie, 1 xtragroot eier, 50ml heuning, 30ml botter, 60ml rasper kaas. METODE - Smeer kolwyntjiepan met 12 holtes. Sif meel, bakpoeier e sout. Klits melk, eier en olie. Voeg by meel en sny in met mes tot sagte deeg. Skep halfvol in pan. Bak 15min by 200. Verhit heuning en botter tot gesmelt. Skep oor skons sodra uit oond kom. Strooi kaas oor en plaas terug in oond tot gesmelt. Keer uit en bedien louwarm.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SJOKOLADE BALLETJIES - 250ml gesif versiersuiker, 100ml gesif kakao, 1 pakkie mariebiscuits fyngerol, 125g botter, 125ml appelkooskonfyt, 5ml vanilla, 125ml klapper. METODE - Sif weer versiersuiker en kakao maar saam in n bak. Voeg biscuits, gesmelt botter, konfyt en vanilla by en meng goed. Rol in balletjies en rol dan in klapper. Plaas in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PEPPERMENT BALLETJIES - 2 pakke mariebiscuits, 1 blik kondensmelk, 250g botter, 2 blokke pepperment sjokolade, 250ml klapper. METODE - Rol biscuits fyn. Meng melk by. Smelt botter en voeg by. Rasper sjokolade en meng by. Rol balletjies en rol in klapper. Plaas in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SJOKOLADE BLOKKIES - 225g botter, 750ml suiker, 125ml kakao, 125ml melk, 250ml klapper, 750ml hawermout. METODE - Kook botter, suiker, kakao en melk 5min. Haal van stoof. Voeg by klapper en hawermout. Skep teelepelsvol op waspapier. Koel af en bere in lugdigte houer.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - LEKKER GROOT VINNIGE STAATMAKER SKONS - 500ml koekmeel, 20ml bakpoeier, knyp sout, 83ml olie, 1 xtragroot eier, melk. METODE - Sif droe bestanddele. Plaas olie in n 250ml koppie. Breek eier in die koppie by olie. Vul aan met melk tot koppie vol is. Voeg by meel en meng. As deeg te styf is kan nog n bietjie melk bygevoeg word. Druk deeg so 1cm plat met die hand. Gebruik n koffiebekertjie en druk sirkels uit. Plaas op gesmeer bakplaat en bak by 400 vir 7min.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KOELKAS VRUGTEBROODJIE - 225g botter, 250ml suiker, 1 tot 1 1/2 pakke tennis of mariebiscuits, 2 eiers, 37.5ml brandewyn of vanilla of karamelgeursel, 250ml pitlose rosyne, 125ml gesnyde dadels, 187ml gekap kersies, 125ml gekap neute. METODE - Smelt botter en suiker. Voeg geklits eier by. Roer tot mengsel verdik. Haal van stoof en voeg vrugte, neute, brandewyn of geursel en gebreekte biscuits by. Druk in gesmeerde broodpannetjie. Plaas oornag in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SJOKOLADE VRUGTEBLOKKIES - 25ml drinksjokoladepoeier, 25ml sultanas, 50ml klapper, 25ml gekrummel ontbytvlokkies, 25ml marie of tennisbiscuit krummels, 50ml kondensmelk, 25ml gekap okkerneute, 25ml sjerrie of vrugtesap, 75g sjokoladeblokkies. METODE - Meng alles, behalwe sjokolade. Druk in gesmeerde pan. Maak die oppervlak glad en plat. Smelt sjokolade en gooi oor mengsel. Koel af en sny in blokkies.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - BLATJANG VINGERS - 500g skilferkorsdeeg, 25ml blatjang, 6 hardgekook eiers, 60ml rasper kaas, 1 geklits eier. METODE - Rol deeg half cm dik uit. Verdeel in 2. Smeer bietjie blatjang op 1 helfte. Rangskik skyfies eier bo op. Strooi kaas oor. Plaas ander helfte deeg bo op. Plaas op gesmeer bakplaat. verf eier oor. Bak by 220 vir 15min. Sny in vingers en bedien warm. Ek het dit gemaak verlede saterdag en dis heerlik!!
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VLEISPASTEITJIES - DEEG - 4 x 250ml koekmeel, 20ml bakpoeier, knyp sout, 500g botter, 1 bottel sodawater. METODE - Sif meel, bakpoeier en sout. Sny botter met 2 messe in meel in dat lyk soos growwe mieliemeel. Voeg sodawater by (ek neem aan dis n 500ml botteltjie. Die resep se net bottel). Sny dit weer met 2 messe in. Die deeg moet glad nie met die hande hanteer...
word nie. Rol uit met baie meel. Druk uit soos verkies. Sit vulsel in en seel. Borsel met geklits eier. Bak by 260 tot gaar en ligbruin. VULSEL - 1kg maalvleis, 4 tot 6 groot aartappels in blokkies, knyp droe tiemie, 2.5ml droe pietersielie, knyp sout, 2 tot 3 groot gekap uie, 10ml asyn. METODE - Braai uie en vleis. Voeg res bestanddele by. Voeg klein bietjie water by en kook gaar. Laat koud word voor gebruik word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - LEKKER VULSEL VIR ENIGE SOUTIGHEID - DEEG - 4 x 250ml koekmeel, 500g botter, klein blikkie nestle room, 50ml asyn. METODE - Room botter. Sif meel met knyp sout. Klits room en asyn by botter. Vou meel in. Rol uit en voer klein kolwyntjiepanne(die met die klein gaatjie). VULSEL - Enige fyn vleis van jou keuse. SOUS - 250ml rasper kaas, 5ml bakpoeier, 2 geklits eiers, 125ml melk. METODE - Meng alles. Skep 1 groot teelepel vleis in tertjiekors. Skep bietjie van sous oor. Bak 15 tot 20min by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - BILTONGBALLETJIES - 250g roomkaas, 3 hardgekookte eiers(gebruik net die eiergele en druk dit deur n sif), 30ml fyn biltongpoeier. METODE - Klits kaas en eiergele. Maak klein balletjies en rol in biltong. Plaas rukkie in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SKONS MET MARMITE - 2 geklits eiers, 30ml suurlemoensap, 250ml melk, 30ml gesmelt botter, 375ml koekmeel, 1ml rooipeper, 2.5ml sout, 250ml rasper kaas, 15ml bakpoeier. SOUS - 25ml kookwater, 25ml botter, 10ml marmite. METODE - Sif droe bestanddele. Meng res bestanddele en voeg by. Bak skons by 260 tot gaar. Smelt botter en marmite in kookwater. Gooi oor skons as uit oond kom.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MAKLIKE VRUGTEKOEK - 4 x 250ml gemengde vrugte, 500ml water, 500ml suiker, 250g botter, 10ml koeksoda, 4 x 250ml koekmeel, 2 eiers geklits. METODE - Kook vrugte, water, suiker en botter vir 5min. Los koeksoda op in bietjie warm water en voeg by. Roer meel by. Roer eiers by. Skep in gesmeer pan. Bak 1 tot 1 1/2 uur by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - GESONDHEIDS VRUGTEKOEK - 250ml semels, 250ml bruinsuiker, 250ml gemengde koekvrugte, 1 boksie kersies, 250ml melk, 250ml bruismeel. METODE - Week al die bestanddele, behalwe meel, in melk vir 1uur. Meng meel by. Bak in gesmeer pannetjie 1uur by 150 of tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE DONKER VRUGTEKOEK - 1kg gemengde koekvrugte(cake mix), 1 klein bakkie kersies, 500ml water, 500ml suiker, 250g botter, 500g dadels, gekapte neute(opsioneel), 25ml brandewyn, 10ml koeksoda, 2 eiers, 4 x 250ml koekmeel, 10ml bakpoeier, 10ml gemeng speserye(mix spice). SOUS - 125ml water, 125ml suiker, 25ml brandewyn. METODE - Kook vrugte, kersies, water, suiker, botter, gekapte dadels 15min en koel af. Voeg by brandewyn, koeksoda en eiers. Sif droe bestanddele en vou in. Voer 3 broodpannetjies met foelie. Skep deeg in en bak elk n uur lank by 150 en dan 30min by 125. Kook sous en gooi oor. Draai toe in foelie en laat staan.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SUURLEMOENKOEK - 100g botter, 500ml suiker, 4 eiers, 2 suurlemoene fyngerasper skil, 750ml koekmeel, 10ml bakpoeier, 250ml melk, sap van 2 suurlemoene, 170ml xtra suiker. METODE - Room botter en suiker. Voeg geklits eiers en skil by. Sif meel en bakpoeier en voeg by. Meng melk by. Skep in gesmeer panne en bak 1uur by 150. Smelt suiker en sap en gooi oor warm koek.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - EKONOMIESE LAAGKOEK - 3 eiers, 312ml suiker, 375ml koekmeel, 15ml bakpoeier, 125g botter, 187ml melk, knyp sout, 5ml vanilla. METODE - Room eiers en suiker. Sif meel, bakpoeier en sout en voeg by. Kook melk en botter en voeg by. Voeg vanilla by. Bak 30min by 180. Koel af 10min en keer uit.
Tereza * N. G. Vroue 1985 - BASIESE OLIE KOEK - (Deur verskillende geursels by te gooi kan jy verskeie koeke bak) - 5 xtra groot eiers, 375ml suiker, 5ml geursel van jou keuse, 500ml koekmeel, 20ml bakpoeier, knyp sout, 5ml maizena, 50ml olie, 250ml warm water. METODE - Klits eiers, suiker en geursel vir 20min. Sif droe bestanddele en meng by. Voeg olie en water by en klits met n houtlepel. Gooi in gesmeer 22cm koekpan van 7cm diep. Bak 25min by 180. Keer uit en koel af.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KAASKOEK - 2 x 250g gladde maaskaas, 125ml room, 125ml suiker, knyp sout, 2 geskei eiers, 15ml koekmeel, 5ml vanilla, 5ml rasper suurlemoenskil, 15ml suurlemoensap. METODE - Klits kaas en room. Voeg res by, behalwe eierwit, en klits goed. Vou styf eierwit in. Gooi in n biscuitkors en bak 20min by 190. Skakel oond af. Maak oonddeur oop en laat staan koek vir 1uur in oond. Versier met stywe room.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - GROOT LAAGKOEK - 2 eiers, 187.5ml suiker, 50ml botter, 150ml kookwater, 312.5ml koekmeel, 5ml vanilla, 10ml bakpoeier, 1ml sout. METODE - Klits eiers. Klits suiker geleidelik by. Voeg vanilla en sout by. Sif droe bestanddele en meng by. Verhit botter en water tot gesmelt en voeg by. Meng alles goed. Skep in 2 gesmeer laagkoekpanne van 20cm. Bak 20min by 200.
Tereza * Hierdie resep kom van Hennie Minnie se ouma Snyman van George en dateer uit 1930 - PLAATKOEK - 4 x 250ml koekmeel, 20ml bakpoeier, knyp sout, 250g botter, 437.5ml suiker, 4 eiers, 7.5ml vanilla. METODE - Room botter en suiker. Klits eiers 1 vir 1 by. Sif meel, bakpoeier en sout en meng by. Meng vanilla by. Gooi in groot gesmeer vierkantige pan. Bak by 180 tot ligbruin en gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SJOKOLADE OLIEKOEK - 125ml kakao, 250ml kookwater, 4 geskei eiers, 375ml suiker, 125ml olie, 5ml vanilla, 450ml koekmeel, 15ml bakpoeier, 2ml sout. METODE - Meng kakao en water tot opgelos en koel af. Klits eiergele. Klits suiker geleidelik by. Roer kakaomengsel, olie en vanilla by. Sif meel, bakpoeier en sout en roer by. Vou styf eierwit in. Skep in 2 gesmeer panne van 20 of 23cm. Bak 30min by 180. Keer uit en koel af.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SJOKOLADEKOEK MET VERSIERING - KOEK - 500ml koekmeel, 60ml kakao, 5ml koeksoda, 2ml sout, 5ml vanilla, 180g botter, 350ml suiker, 2 eiers, 125ml suurmelk, 125ml kookwater. VERSIERING - 50g botter, 100ml versiersuiker, 2ml warm water, 3ml vanilla, 10ml kakao. METODE - Sif meel, kakao, koeksoda en sout. Room botter, suiker en vanilla. Klits eiers by. Voeg droe bestanddele om beurt met suurmelk by. Voeg water by. Meng tot glad deeg. Skep in 2 x 20cm gesmeer panne. Bak 35min by 180. Koel af 5min en keer uit. Meng alles van versiering. As te droog is kan bietjie water bygevoeg word. Smeer tussen lae en bo op koek.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE SJOKOLADEKOEK - 3 eiers, 250ml suiker, 25ml botter, 75ml kookwater, 250ml koekmeel, 15ml bakpoeier, 25ml kakao, 5ml vanilla. METODE - Klits suiker en eiers 10min. Meng meel en bakpoeier by. Meng kakao en water en voeg by. Voeg gesmelt botter by. Skep in 2 gesmeer panne. Deeg is baie loperig. Bak 20min by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - YSKASKOEK - 1 pakkie tennisbiscuits, 125g botter, 250ml suiker, 1 eier, 250g maaskaas fyngemaak, 125g kersies, 5ml vanilla, 1 blok sjokolade. METODE - Room botter en suiker. Klits eier by. Klits kaas en vanilla by. Rangskik biscuits op n stuk foelie in 3 rye van 3. Smelt sjokolade en smeer oor. Of as dit makliker sal wees doop biscuits in sjokolade en plaas op foelie. Smeer die vulsel slegs op middelste ry biscuits. Rangskik gekapte kersies bo op. Vou foelie van kante af op en lig biscuits saam op dat dit n driehoek vorm. Seel foelie goed en plaas in vrieskas vir 3ure. Sny dan in snye soos benodig. Hou heeltyd in vrieskas tot op is.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - JOGURT KOELKASKOEK - 1 rolkoek, 1 pakkie framboosjellie, 100ml suiker, 200ml kookwater, 500ml framboosjogurt, 125ml room. METODE - Sny rolkoek in skywe. Voer 1.5 liter bak uit met die koek. Hou paar snye eenkant. Meng jellie en suiker en roer water by tot gesmelt. Koel af. Klits jogurt by. Vou styf room in. Skep op koek. Sny paar snye koek in helfte deur en rangskik om rand van bak. Stol in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PIESANG KARAMELTERT - 1 pakkie tennisbiscuits, 125g gesmelt botter, 25ml suurlemoensap, 1 blok peppermint sjokolade, 1 blik karamel kondensmelk, 5 piesangs, 10ml gelatien, 25ml water, 125ml orley whip room. METODE - Rol biscuits fyn. Voeg botter en sap by. Druk in diep tertbak. Bak 15min by 150 en koel af. Rasper sjokolade. Klits kondensmelk. Druk piesangs fyn. Voeg by melk. Smelt gelatien in water en gooi by melk. Klits tot styf. voeg helfte van sjokolade by. Skep in kors. Strooi res sjokolade oor. Stol in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE SUURLEMOEN TERT - 1 pakkie fyngerol marie biscuits, 100g gesmelt botter, 250ml cremora poeier, 125ml kookwater, 1 blik kondensmelk, 150ml suurlemoensap, 10ml fyngerasper suurlemoenskil. METODE - Meng biscuits en botter en voer tertbord. Meng cremora en water en laat afkoel. Klits kondensmelk by. Voeg sap en 5ml van skil by. Skep in kors. Strooi res skil oor. Stol in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MOERBEI EN MAASKAAS TERT - 1 pakkie fyngerol marie biscuits, 100g gesmelt botter. VULSEL - 1 blik kondensmelk, 12.5ml suurlemoensap, 12.5ml suurlemoenskil, 250g gladde maaskaas, 1 pakkie suurlemoenjellie, 250ml kookwater, 1 blikkie ingelegte moerbeie, 25ml vlapoeier. METODE - Meng krummels en botter en druk vas in gesmeer tertbord. Sit in yskas styf te word. Me...
ng kondensmelk, sap en skil. Maak jellie aan met watere en koel effe af. Klits kaas glad en voeg by kondensmelk. Voeg jellie by. Gooi in kors. Laat stol in yskas. Gooi stroop af van moerbeie. Vul die stroop aan met water sodat jy 375ml het. Verhit en roer aangemaakte vlapoeier by. Kook tot dik. Pak moerbeie op tert en gooi afgekoelde sous oor. Stol verder in yskas. VARIASIE - Blikkie aarbeie of appelliefies of enige ander vrugte van jou keuse kan gebruik word. Pas net jou geur jellie daarvolgens aan.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - HEUNING APPELTERT - 125g botter, 2.5ml bakpoeier, 125ml suiker, 250ml bruismeel, 1 eier, 125ml melk, sout, 750ml ingelegte appels, 25ml botter, 25ml heuning. METODE - Room botter en suiker. Klits eier by. Sif meel, bakpoeier en sout. Voeg om beurt met melk by. Skep helfte van deeg in gesmeer bak. Kap appels stukkies en skep bo op. Skep res deeg op. Bak 45min by 180. Kook botter en heuning en gooi oor tert. Bedien met room.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KARAMEL PEERTERT - 125g botter, 250ml suiker, 3 eiers, 500ml bruismeel, 5ml bakpoeier, 125ml melk, 825g blik pere. STROOP - 437.5ml water, 5ml botter, 500ml suiker, 15ml karamelgeursel. KARAMEL - 410g blik ideal melk, 187.5ml suiker, 5ml vanilla. METODE - Room botter en suiker. Voeg meel, bakpoeier en melk by. Sny pere in stukkies en voeg by. Nie die stroop nie. Klits eiers 1 vir 1 by. Skep in gesmeer bak van 33 x 22cm. Bak 40min by 180. Kook alles van die stroop vir 5min. Gooi oor warm tert. Koel af. Kook karamel tot dik en gooi oor koue tert.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KARAMEL PIESANGTERT - 1 pakkie karamel kitspoeding, 400ml melk, 1 pakkie tennisbiscuits, 250ml room, 8 piesangs, kersies en flake vir garnering. METODE - klits poeding en melk tot styf en stol in yskas. Smeer tertbak 30 x 20cm. Pak laag biscuits, laag poeding, laag gesnyde piesangs en bietjie styfgeklits room. Herhaal die lae tot bak vol is, eindig met room. Versier met kersies en gekrummelde flake. Plaas in yskas tot bedien.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - GRIEKSE VLATERT - 1 pak gesnyde outspan beskuit, kaneel, 500ml water, 375ml suiker, 5ml vanilla. VULSEL - 1 liter melk, 3 eiergele, 250ml suiker, 50ml maizena, knyp sout. METODE - Pak beskuit in groot tertbak styf teenmekaar. Strooi bietjie kaneel oor. Kook water, suiker en vanilla 15min. Gooi oor beskuit en laat goed intrek. Kook melk. Meng res bestanddele en roer by melk. Kook 5min. En gooi op kors. Laat koud word en versier met room.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - LEMOENTERT - 375ml koekmeel, 250ml suiker, 7.5ml bakpoeier, 3 eiers, 38ml botter, sout, 137ml melk. STROOP - 250ml water, 250ml suiker, 1 lemoen rasper skil, 250ml lemoensap. METODE - Room eiers en suiker. Roer droe bestanddele by. Smelt botter en melk. Roer by en meng. Gooi in 1 groot of 2 klein gesmeer tertborde. Bak 25min by 180. Kook water, suiker en skil 5min. Voeg sap by en kook 7min. Prik tert en gooi warm stroop oor. Bedien met room.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VRUGTEKELKIE TERT/NAGEREG - 500ml suiker, 500ml bruismeel, 10ml koeksoda, 5ml sout, 2 geklits eiers, 410g blik vrugtekelkie. SOUS - 1 klein blikkie ideal melk, 36ml botter, 5ml vanilla, 250ml suiker. METODE - Sif suiker, meel, koeksoda en sout. Voeg eiers by en meng. Meng vrugtekelkie by. Gooi in gesmeer bak en bak by 180 vir 30min. Kook sous bestanddele tot dik en gooi warm oor tert. Bedien as tert met room of as n nagereg met vla.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - RUM EN ROSYNTJIETERT - 1 boksie(2 sakkies) orley whip room, 1 blik karamel kondensmelk, 5ml gelatien, 10ml rumgeursel, 250ml pitlose rosyntjies, 2 pakke tennisbiscuits. METODE - Plaas rosyne in n houer. Bedek met louwater en voeg 5ml van geursel by. Bedek en laat staan 30min. Klits room baie styf. Klits kondensmelk, gelatien en 5ml geursel. Haal rosyne uit en vou in room. Vou melkmengsel in room. Voer bak met laag biscuits. Skep helfte vulsel op. Pak weer biscuits. Skep res vulsel op. Strooi fyn biscuits oor. Stol in yskas. Hierdie tert is YUMMMY verby.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VRUGTE TERT - KORS - 250ml koekmeel, 50ml botter, 20ml suiker. METODE - Room botter en suiker. Voeg meel en knyp sout by. Voer tertbord met deeg. VULSEL - Snipper die volgende vrugte dadels, kersies, versuikerde gemmerkonfyt, versuikerde waatlemoenkonfyt. Skep die vrugte in lae in kors soos genoem is. BOLAAG - 125ml suiker, 25ml botter, 1 eier, 250ml klapper. METODE - Smelt botter en suiker. Roer eier by. Roer klapper by. Sprei oor vrugte. Bak by 180 tot kors gaar is.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PYNAPPELTERT MET HEUNING - VULSEL - 2 x blikke fyn pynappel, 250ml klapper, 250ml gekap neute. METODE - Smeer n tertbak en skep vulsel in bak, eers pynappel, dan klapper, dan neute. Moenie roer of meng nie. KORS - 250g botter, 250ml suiker, 1 xtra groot eier, 375ml gesif koekmeel, 25ml bakpoeier, 2.5ml sout. METODE - Room botter. Klits suiker geleidelik by. Klits eier by. Klits droe bestanddele by. Smeer deeg oor vulsel. Bak 35min by 180. STROOP - 62.5ml botter, 200ml heuning. METODE - Verhit alles tot gesmelt en gooi warm oor tert.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KORSLOSE MELKTERT - 250ml suiker, 4 geskei eiers, 10ml vanilla, 750ml koekmeel, 8 x 250ml melk. METODE - Smeer groot oondbak. Klits suiker en eiergele. Klits vanilla by. Klits meel by. Klits melk geleidelik by. Vou styf eierwit liggies in. Skep in bak. Strooi kaneel oor. Bak by 180 vir 30min of tot gestol.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MELKTERT MET BESKUITJIEKORS - 187ml tennisbiscuitkrummels, 312ml klapper, 125ml suiker, 125ml koekmeel, 62.5ml botter. METODE - Room botter en suiker. Roer droe bestanddele by. Druk helfte in boom van tertbord. VULSEL - 3 eiers, 125ml suiker, 20ml maizena, 15ml koekmeel, 750ml melk, 25ml botter, sout, 5ml vanilla. METODE - Room eiergele en suiker. Meng maizena en meel met bietjie melk en klits by eiermengsel. Kook res melk. Roer eiermengsel by en kook tot dik. haal van stoof. Vou styf eierwit in. Vou vanilla in. Skep in kors. Sprinkel res van kors oor. Bak by 180 tot gaar en bruin.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MELKTERT MET N DUN KORS (4 tot 5 terte) - KORS - 500ml koekmeel, 10ml bakpoeier, knyp sout, 125g botter, 250ml suiker, 2 eiers, 5ml vanilla. METODE - Room botter en suiker. Klits eiers 1 vir 1 by. Sif meel, bakpoeier en sout en meng by. Voeg vanilla by. Smeer n lagie in gesmeer tertborde. VULSEL - 6 x 250ml melk, 375ml suiker, knyp sout, 6 eiers, 7.5ml vanill...
a, 75ml koekmeel, 18ml maizena, 125g botter. METODE - Kook melk. Meng meel, suiker, maizena en sout. Meng bietjie melk by tot n pasta. Roer by kokende melk. Prut tot dik. Haal van stoof. Roer botter en vanilla by. Koel effe af. Klits eiergele en roer by. Vou styf eierwitte in. Skep tertborde halfvol. Bak by 180 tot bruin.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MELKTERT KORS - 250g botter, 250ml suiker, 750ml koekmeel, 2 eiers, 10ml bakpoeier, 5ml vanilla. METODE - Room botter en suiker. Klits eiers 1 vir 1 by. Sif meel, bakpoeier en sout. Vou in botter in. Plaas 1uur in yskas. Druk egalig in n tertbord vas met vingers. Prik met n vurk en bak tot gaar by 180. Hierdie deeg kan tot n paar weke rou in die yskas gebere word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MAKLIKE TERTDEEG - Kan vir enige tert, soet of sout, gebruik word - 4 x 250ml koekmeel, 500g botter, 1 klein blikkie nestle room, 50ml asyn. METODE - Room botter. Sif meel met knyp sout. Voeg room en asyn by botter. Meng meel by tot n deeg.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SOUTTERT MET AARTAPPELKORS - KORS - 125ml fyn gaar aartappels, 125g botter, 500ml koekmeel, 5ml sout, 5ml bakpoeier, 1 geklits eier. METODE - Meng aartappel en botter. Voeg res bestanddele by en voer n oondbak. VULSEL - 250ml melk, 12.5ml botter, 15ml maizena, 100ml rasper kaas, 1 geklits eier, 1 hardgekook gekapte eier, 125g gekap ham, 1 blikkie gekap weense worsies, 10ml gekap pietersielie, sout, peper, 15ml tamatiesous, 15ml worcestersous, 15ml gekap ui. METODE - Maak witsous van melk botter en maizena. Voeg kaas by. Voeg eier by. Haal van stoof. Meng res bestanddele by en gooi in kors. Bak by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE SOUTTERT - 1 groot pak kaas en uie skyfies fyngedruk, 250ml melk, 2 eiers, 125g gekap spek, 250ml rasper kaas, 1ml mosterdpoeier. METODE - Voer tertbord uit met skyfies. Meng res bestanddele en gooi op. Bak by 180 tot gestol. VARIASIE - Gebraaide uie of gekapte agurkies of rooi worsies kan bygevoeg word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KORSLOSE SOUTTERT - 1 blikkie weense worsies opgekerf, 500ml rasper kaas, 2 groot rasper uie, 3 eiers, 12.5ml gekap pietersielie, 3 dik sny witbrood, 500ml melk, 25ml botter. METODE - Week brood in melk. Voeg res bestanddele by. Skep gesmeer bak. Stip met botter. Bak by 180 tot gaar en gestol. Kan as n aandete bedien word met n slaai.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PIKANTE HOENDERPOTJIE - 1 heel hoender in porsies, 25ml botter, 25ml olie, 1/2 suurlemoen se sap, 6 wortels, 6 aartappels, 500ml groenbone, 250ml rou rys, 2 groot uie, 2 ryp tamaties, 250g heel sampioene, sout, peper, gemengde kruie in n moeseliensakkie, 250ml water, 250ml droe of soet witwyn. METODE - Braai hoender bruin in botter en olie. Gooi sap oor. Pak laag ...
wortels in repe gesny, dan laag aartappels in kwarte, dan groenbone, dan uieringe, dan tamatieskywe, dan rys. Voeg sampioene by. Plaas kruiesakkie, sout en peper by. Gooi water en wyn oor. Sit deksel op en prut 1 1/2 uur. As daar nog plek in die pot is, kan stukke kopkool en halwe skorsies ook bo op geplaas word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - PIESANG OP DIE KOLE - 4 groot piesangs, 60ml heuning, knyp sout, 15ml suurlemoensap. METODE - Trek skille van piesangs versigtig en hou skille. Meng heuning, sout en sap. Laat piesangs hierin le vir 15min. Plaas piesangs terug in die skil. Rol toe in foelie en rooster 15min op die kole. Bedien met heuningmengsel.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - GEBRAAIDE FRIKKADELLE - 1kg maalvleis, 2 geklits eiers, 1 groot gerasper ui, 125ml broodkrummels, 25ml suiker, 12.5ml tamatiesous, 12.5ml worcestersous, 12.5ml aangemaakte mosterd, 10ml sout. METODE - Meng alles en vorm frikkadelle. Braai alkant bruin en gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - ROU INGELEGTE KERRIE UIE - 2kg uie, 500g appelkooskonfyt, 400ml asyn, 125ml suiker, 7ml kerrie, 7ml borrie, 5ml sout. METODE - Skil uie maar moenie was nie. Vee skoon met droé lap. Kerf uie en gooi in n skottel. Roer res bestanddele by. Maak toe met n lap en laat oornag staan. Roer die uie en bottel. Bewaar in yskas.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - LASAGNE POT - 1kg maalvleis, 250g spek gekap, 12.5ml worcestersous, aromat, 375ml melk, 1 ui in ringe, 500ml groen pasta, 25ml koekmeel, 12.5ml botter, knyp mosterdpoeier, 250ml rasper kaas, 5ml olie, 1 blik gekap tamaties, sout. METODE - Braai vleis, spek en ui tot bruin. Gooi helfte kaas op vleis. Gooi pasta op. Meng olie en tamaties en gooi oor pasta. Strooi res kaas op. Prut 40min. Meng melk, aromat en speserye na smaak. Meng meel en botter en roer by melk. Gooi oor en prut so 10min.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE GEROOKTE MOSSELPOT - 4 blikkies gerookte mossels, 125g spek gekap, 2 gekap uie, 375ml rou rys, 250ml rasper kaas, 12.5ml maizena, 1 blikkie room sampioene. METODE - Kook rys gaar en hou eenkant. Braai spek en uie bruin. Meng alles in 1 pot. Meng maizena met bietjie water en roer by. Prut n rukkie tot warm.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - BEESVLEIS POT - 1kg beesvleis blokkies, 500g gekap spek, 250g rou rys, 250g aartappelblokkies, 4 groot gekap uie, 1 blik sampioensop, sout, 5ml oreganum, 750ml bevrore gemengde groente. METODE - Braai vleis, spek en uie in bietjie olie. Voeg res bestanddele by en prut gaar. Water kan so nou en dan bygevoeg word as te droog kook. Rys kan apart gaargemaak word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - HEEL HOENDER GEBRAAI OP KOLE - 1 heel hoender oopgevlek, 125ml olie, 125ml blatjang, 125ml wit wyn, 125ml tamatiesous. METODE - Meng die sous en marineer hoender in sous 24uur. Draai gereeld om. Braai oor kole.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - HOENDER SOSATIES MET SOETSUUR KERRIESOUS - Genoeg hoender filette vir 60 blokkies hoender(omtrent 8), 12 klein uitjies, 12 bamboes stokkies(1uur in koue water geweek), 250ml hoenderaftreksel, 25ml olie, 50ml botter. METODE - Skil uitjies en sny in 3 dele. Plaas uie en vleis in n groot bak en marineer in sous vir 24uur in yskas. SOUS - 125ml olie, 83ml asyn, 125...
ml tamatiesous, 125ml blatjang, 10ml knoffelvlokkies, 10ml hoenderspeserye, 5ml borrie, 10ml kerrie, 10ml worcestersous, 5ml sojasous, 5ml mosterdpoeier, 5ml paprika, 10ml appelkooskonfyt. METODE - Meng alles. Na vleis gemarineer is. Haal uit en ryp 5 tot 6 blokkies vleis met 3 stukkies ui tussenin op elk stokkie. Gooi aftreksel met olie in n braaipan en braai sosaties bedek lae hitte 45min. Maak pan oop, voeg botter by en braai alkant bruin terwyl met sous geverf word. Of die sosaties kan op kole gebraai word, maar pasop die sous brand maklik weens die hoe suikerinhoud.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - WARM SUIKERMIELIE GEREG - 1 blikkie roommielies, 1 gekap ui, 12.5ml botter, 1 gekap tamatie, 125ml rasper kaas. METODE - Braai uie en tamatie in botter tot sag. Voeg mielies en kaas by. Skep in gesmeer bak en bak 10min by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - LEKKER MAKLIKE SAMPIOENSOUS - 250g sampioene gekerf, 12.5ml botter, 12.5ml koekmeel, 250ml room of melk. METODE - Braai sampioene in botter. Roer meel by. Roer room of melk by. Geur met sout en peper. Prut tot dik.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - GROOTMAAT PANNEKOEK(100) - 16 eiers, 1 bottel olie, 16 x 250ml koekmeel, sout, 16 x 250ml water, 125ml wit asyn, 80ml bakpoeier. METODE - Klits eiers met helfte van water. Klits olie en asyn geleidelik by. Voeg meel, sout en res van water om beurt geleidelik by. Laat oornag staan. Klits bakpoeier by net voor pannekoeke gebak word. Net vir die 1ste pannekoek word bietjie olie in die pan gegooi. Hierdie pannekoeke vries baie goed en verwarm ook baie goed sonder om taai te word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE ROOM VISVINGERS - 16 bevrore visvingers, 1 gekap ui, 2 gekap tamaties, 125ml room, 1 pakkie sampioensop. METODE - Smoor uie en tamaties in bietjie botter. Voeg sout en peper by. Pak vis in gesmeer bak. Gooi uiemengsel oor. Meng sop en room en gooi oor. As dit te dik lyk verdun dit met n bietjie melk. Bak 30min by 180. Bedien met kapok aartappels en soet ertjies. Dis yummmmy.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - FRANKFORTER MET BOTTERBONE - 100g botter, 1 groot gekap ui, 500g frankforters in 3cm ringe, 410g blik tamatiesap, 75ml water, 12.5ml bruinsuiker, 12.5ml asyn, 5ml mosterdpoeier, 410g blik botterbone. METODE - Braai ui in botter. Voeg frankforters by en braai bruin. Voeg res bestanddele by en prut 30min. Bedien op rys.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE SPAGHETTI BOLOGNAISE - 125g maalvleis, 1 pakkie tamatieroomsop, 37.5ml tamatiesous, 25ml blatjang, 1 klein blikkie ideal melk, 250ml water, sout, peper, gaar spaghetti. METODE - Braai vleis bruin. Voeg res, behalwe spaghetti, by en kook 5min. Bedien op spaghetti.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KITS AANDETE - 375ml melk, 250ml broodkrummels, 12.5ml botter, 250ml gaar maalvleis, 125ml rasper kaas, 2 eiers. METODE - Kook melk. Voeg krummels, botter, kaas, vleis en geklits eiers by. Gooi in gesmeer bak. Strooi xtra krummels en kaas oor en bak tot warm en bruin by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE VISPASTEI - KORS - 125ml koekmeel, 5ml bakpoeier, 1ml sout, 30ml botter, 125ml melk, 1 eier, 125ml rasper kaas. VULSEL - 1 groot ui in ringe, 1 gekap greenpepper, 30ml botter, 425g blik sardyne in tamatiesous, 250ml gaar rys, 25ml asyn, 2ml sout, knyp peper. METODE VULSEL - Braai uie en pepper sag in botter. Maak vis fyn met sous. Voeg rys, asyn, uiemengsel, sout en peper by. Skep in gesmeer bak. METODE KORS - Sif meel, bakpoeier en sout. Vryf botter in. Klits melk en eier en voeg by. Klits tot goed gemeng. Vou kaas in. Gooi deeg oor vulsel. Bak 20min by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - LEWER EN MACARONI - 500g bees of skaaplewer, 1 groot gekap ui, 15ml botter, 125ml tamatiesous, sout, peper, suiker na smaak, 250ml warm water, 5ml gekap pietersielie, 750ml gaar macaroni, 125ml rasper kaas. METODE - Was lewer en sny in blokkies. Braai ui in botter. Voeg lewer by en braai 5min. Voeg tamatiesous, sout, peper en suiker by. Voeg water en pietersielie by. Bedek pot en braai so 30min. Skep gaar macaroni in opdienbord. Skep lewermengsel bo op. Strooi kaas oor en bedien.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - SUIKERMIELIE VETKOEKIES - 375ml koekmeel, 15ml bakpoeier, 10ml suiker, 1 eier, 5ml sout, 500ml gaar koue rys, 410g blik roommielies, 125ml melk. METODE - Sif meel, bakpoeier, suiker en sout. Vou rys en mielies in. Klits melk en eier en voeg by. Meng tot n deeg. Skep eetlepelsvol in matige olie. Moenie te vinnig braai nie.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - MAALVLEIS EN PASTA GEBAK - 250g skulp of skroef noedels, 500g maalvleis, 125g spek gesnipper, 1 gekap ui, 410g blik roommielies, 1 pakkie tamatieroomsop, 250ml rasper kaas. METODE - Kook noedels in soutwater gaar. Dreineer en gooi in groot oondbak. Braai uie en spek. Voeg maalvleis by en braai gaar. Maak sop aan volgens pakkie en voeg by. Voeg mielies by. Kook deur. Skep bo op noedels. Strooi kaas oor. Bak tot kaas gesmelt en gereg deurwarm is. Hierdie gereg kan met sukses gevries word.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - LIGTE AANDETE - 1 blik sardyne, 187ml mayonnaise, 2 gekap uie, 25ml gekap pietersielie, 2 eiers, 25ml asyn, sout, peper. KORS - 500ml gaar fyn aartappels, 50ml botter, 10ml bakpoeier, 2 eiers. METODE - Dreineer vis en vlok. Meng alles. Meng alles van kors. Voer gesmeer tertbord met kors. Skep vismengsel in. Bak gaar by 180.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VULSEL VIR JAFFELS - oorskiet vleisblokkies, oorskiet gaar rys, gekap ui, 1/2 pakkie sampioensoppoeier, 250ml water, olie. METODE - Braai ui in olie. Voeg vleis en rys by en braai. Voeg sop en water by en prut tot dik.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VLEISROL - 500g maalvleis, 250g varkwors uitgedruk, 550ml broodkrummels, 2 eiers, 5ml worcestersous, 2.5ml sout, 25ml koekmeel, peper. METODE - Klits eiers. Meng alles saam. Rol op n meelbestrooide oppervlak. Plaas op foelie en rol toe. Bak in oond 160 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE WEENSE WORSIES - 1 groot blik weense worsies, 3 hardgekook eiers, 3 rou eiers, 12.5ml gekap pietersielie, 375ml rasper kaas, 250ml witsous. METODE - Sny weense worsies in stukkies. Voeg geklits eiers, witsous en pietersielie by. Halveer eiers en voeg by mengsel. Skep in gesmeer bak. Strooi kaas oor. Bak by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE MAALVLEIS EN RYS - 500g maalvleis, 250ml rou rys, 1 pakkie bruin uiesop of enige sop van jou keuse, 500ml water. METODE - Meng alles en skep in gesmeer bak. Bak in oond by 180 tot gaar.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - TUNA KOLWYNTJIES - (Dis ideaal as n southappie as jy dit kleiner maak. Die deeg kan ook met sukses gebruik word vir n Hoender en Wildsvleis pastei - KORS - 250g botter, 125ml kookwater, 562.5ml koekmeel, sout. VULSEL - 1 blik tuna, witsous, rasper kaas. METODE - Gooi water oor botter. Voeg meel en sout by en meng tot n deeg. Plaas 1uur in yskas. Rol dun uit en voer groot of klein kolwynpannetjies uit. Dreineer en vlok tuna. Meng sous en kaas by. Die hoeveelheid hang af van hoe dik jy die vulsel wil he. Skep op deeg. Bak by 180 tot deeg gaar is.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - EKONOMIESE SARDYNGEBAK - 1 blik sardyne, 2 eiers, 12.5ml pietersielie, 500ml melk, 25ml rasper kaas, 25ml gekap uie, 25ml maizena, 5ml sout, 5ml bakpoeier, 10ml botter. METODE - Meng alles en skep in gesmeerde oondbak. Bak by 180 vir 30min.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - VINNIGE AANDETE - 1 blik sardyne in tamatiesous, 500ml post toasties, 2 eiers, botter. METODE - Moenie post toasties fyndruk nie. Meng met vis. Voeg geklits eiers by. Skep in gesmeer bak. Stip met botter. Bak 20min by 160.
Tereza * N.G. Vroue 1985 - KERRIEVIS PASTEI - 1 blik kerrievis, 1 blik gemengde groente, 2 geklits eiers, 250ml rasper kaas. METODE - Dreineer groente. Vlok vis en meng met groente. Roer eiers bz. Roer kaas by. Skep gesmeer oondbak en bak 30min by 180.