Monday 9 June 2014

Pampoenkoekies




Pampoenkoekies

 

 
Bestanddele
750 g botterskorsie of pampoen, geskil en in blokkies gesny
250 ml (1 k) koekmeel
5 ml (1 t) bakpoeier
5 ml (1 t) gemaalde kaneel
2 ekstra-groot eiers, liggies geklits
varsgemaalde swartpeper na smaak
30-45 ml (2-3 e) olie om in te braai

Metode
1. Plaas botterkorsie in ’n kastrol met 15 ml water en bring oor matige hitte tot kookpunt. Verlaag hitte en prut met ’n deksel vir 20-30 minute of tot sag.
2. Dreineer botterskorsie en druk met ’n aartappeldrukker of vurk fyn. Laat effens afkoel.
3. Sif droë bestanddele saam oor botterskorsie en roer met ’n houtlepel tot goed gemeng. Voeg eiers by en roer tot gemeng. Geur na smaak.
4. Verhit die helfte van die olie oor matige hitte in ’n braaipan. Skep lepelsvol (25 ml) van die beslag in die pan en braai vir 3-5 minute of tot gestol. Draai om en braai tot goudbruin. Skep uit en dreineer op kombuispapier. Herhaal met orige beslag.
5. Sit warm voor met ’n klein bietjie kaneelsuiker en ’n skeut suurlemoensap.
Wenke
1. Vir ’n lekker geur, kan 15-30 ml tiemie- of origanumblaartjies in die mengsel gebruik word. Dan het jy nie kaneelsuiker nodig nie.