Monday 9 June 2014

Spinasie-en Feta Muffins





Spinasie-en Feta Muffins
Lewer ongeveer 12 muffins.
1½ kop koekmeel
 2 tl bakpoeier
 ½ tl sout
 knippie neutmuskaat of rooipeper
 250 ml gaar spinasie - gekap
 250 ml fetakaas - gekrummel
 100 ml melk
 100 ml olie
 1 eier
Voorverhit die oond tot 190 ° C.
Spuit `n muffinpan met 12 holtes met kleefwerende kossproei of smeer goed met botter of margarien.
 Sif droë bestanddele saam in `n mengbak.
 Voeg die spinasie en kaas by en meng effens.
 Klits die melk, olie en eier saam en voeg by die droë bestanddele.
 Meng todat die mengsel net deurgemeng maar nog nog klonterig is.
 Skep die holtes van die muffinpan twee derdes vol en bak 15 - 20 minute lank totdat `n toetspen skoon uit die middel van die muffin kom.
 Sit voor met botter.