Monday 9 June 2014

spekvleis, kaas en sampioene tertjies




TERTJIES: [Deur Huisgenoot Digitaal]
Hierdie moeitelose tertjies bevat die klassieke kombinasie van spekvleis, kaas en sampioene. Heerlik!
Lewer 6
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 4 min...
BENODIG:
4 eiers
60 ml (¼ k) suurroom
80 ml (⅓ k) gerasperde mozzarella
sout en peper

100 g sampioene, in skywe gesny
3 skywe toebroodjieham, gekap
’n hand vol vars grasuie, gekap
MAAK SO:
1.Smeer 6 holtes van ’n silikoon-kolwyntjievorm.
2.Meng die eiers, suurroom en kaas in ’n mengbak en geur met sout en peper.
3.Meng die sampioene, ham en grasuie en verdeel tussen die kolwyntjiesholtes.
4.Giet die eiermengsel oor die sampioenmengsel in die holtes.
5.Mikrogolf 4 minute op hoog of tot die sampioene gaar is.
6.Sit die tertjies voor saam met ’n slaai van jou keuse.