Friday 27 June 2014

Sjokoladevierkante




Sjokoladevierkante
48 vierkante
Porsiegrootte: 2 vierkante
◾75 ml (60 g) fruktose
◾250 ml (120 g) koekmeel
◾250 ml (90 g) hawermout
◾125 ml (40 g) droë, fyn klapper
◾25 ml kakaopoeier
◾75 ml (55 g) hawersemels (oat bran)
◾2 ml koeksoda
◾5 ml bakpoeier
◾100 ml (90 g) sagte margarien
◾1 groot eier, geklits
◾5 ml vanieljegeursel
Verhit oond tot 180 °C. Meng droë bestanddele en vryf margarien by tot goed gemeng. Klits eier en geursel saam en roer by meelmengsel om ’n klam mengsel te vorm. Druk in ’n gesmeerde rolkoekpan vas. Bak vir 20 – 25 minute tot gaar. Sny 48 vierkante terwyl koek nog warm is. Laat in die pan afkoel voor jy dit uithaal.
Energie: 396 kJ
Koolhidrate: 10 g
Vet: 5,1 g
Glukemiese indeks: laag (52)
Uit: Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien-weerstandigheid 1