Monday 2 June 2014

Muesli vir Diabete





Muesli vir Diabete

180g (500ml) hawermout
40g (250ml) semels
180g (500ml) koringkiem
130g (500ml) koringvlokkies
120g (250ml) sonneblomsade
30ml gepelde amandels
75g (125ml) pruimedante, ontpit en gekap
50g (125ml) gedroogde appelkose, gekap
50g (125ml) vetrye melkpoeier
75g (125ml) rosyntjies

Strooi eerste 5 bestanddele op groot bakplate.  Bak sowat 40 minute by 160˚C.  Voeg amandels, pruimedante en appelkose by, bak nog 5 minute.  Haal uit oond, laat heeltemal afkoel.  Gooi in groot bak, voeg melkpoeier en rosyntjies by, roer goed.  Bêre in lugdigte houers. 

Om voor te sit, skep sowat 125ml muesli in ‘n ontbytbakkie, voeg warm of koue water met kunsmatige versoeter na smaak by, roer goed.

Lewer sowat 910g of 20 porsies van 125ml elk