Monday 2 June 2014

Marinda Engelbrecht se Suurlemoenpoeding



Marinda Engelbrecht  se Suurlemoenpoeding

BENODIG:
  • 80 g botter gesmelt
  • 210 strooisuiker
  • 4 eiers – skei die eiers
  • 500 ml melk
  • 40 g koekmeel
  • 30 ml fyngerasperde suurlemoenskil
NOU:
  1. klits gesmelte botter, suurlemoenskil, meel, eiergele en 125 ml van die strooisuiker in n bak
  2. klits die melk stadig by
  3. klits die eierwitte tot sagtepuntstadium en voeg nou die orige suiker stadig by die eierwitte – nou moet jy goed klits tot dit glansend raak
  4. vou jou eierwitmengsel stadig by jou eiergeelmengsel  - werk liggies
  5. gooi alles in n gesmeerde oondbak
  6. sit die bak in  n groter pan met water
  7. bak vir 45 minute by 180 grade celsius
Ons het die poeding geniet met mascarpone kaas. Room net so lekker.