Tuesday 3 June 2014

Anna se dop-sop (Aartappelsop)





Anna se dop-sop (Aartappelsop) - RSG
Bestanddele
3 eetlepels botter...
1 koppie preie, fyngekap
1 ui, fyngekap
2 groot aartappels, in blokkies gesny
1½ liter water
1 tamatie, opgekap

2 seldery stingels, opgekap
2 eetlepels pietersielie, opgekap
1 lourierblaar
sout en peper
1½ koppie dun witsous
rooipeper of cajun speserye
2 eetlepels brandewyn

Metode
Braai preie en ui in botter tot sag.
Voeg nou die seldery en pietersielie, sout en peper by en roer vir 2 minute.
Voeg nou die res van die bestanddele by, behalwe die witsous en die brandewyn.
Laat dit prut totdat die aartappel sag is en verpulp dit.
Plaas terug in 'n kastrol en voeg die witsous en brandewyn by.
Verhit.