Friday 6 June 2014

Hoender- en Gortsop




Hoender- en Gortsop

1 Ui, Grofgekap
2 Knoffelhuisies, gekap
1 Wortel, Gekap
2 Takkies Roosmaryn
1 Lourierblaar
¼ t Gemaalde Naeltjies
500ml Hoenderaftreksel of water
1 Aartappel, gerasper
350gr Hoendervleis, gesnipper
3 Murgpampoentjies, gerasper
½ K Gevriesde ertjies
Vars Pietersielie en Kruisement na smaak, gekap
Sout en Peper

• Verhit ‘n groot pot en plaas ‘n paar druppels Olyfolie in die pot. Plaas nou die uie, knoffel, wortel, roosmaryn en lourierblaar in die pot en kook totdat die uie sag is.
• Gooi die hoenderaftreksel in die pot tesame met die hoendervleis en aartappel. Na twee minute voeg die murgpampoentjies by en kook totdat die groente sag is.
• Voeg die ertjies by net voor die groente heeltemal sag is.
• Verwyder die pot van die hitte en voeg die kruie by, gevolg deur die sout en peper.