Friday 6 June 2014

Pastei met klaargaar hoender




Pastei met klaargaar hoender
deur Herman Lensing
(1 – 2 porsies)
◾ 30ml olyfolie
◾ 1 ui, gekap
◾ 2 knoffelhuisies, gekap
◾ 3 tiemietakkies se blaartjies
◾ ½ pakkie (60 g) sampioene, gehalveer
◾ ½ gaar hoender se vleis
◾ 125ml vars room
◾ sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
◾ 1 pak (500g) blaardeeg
◾ 1 eier, geklits met ‘n vurk

Verhit oond tot 190ºC. Gooi olie in ‘n warm pan en braai ui, knoffel en tiemie tot goudbruin – sowat 5 minute. Voeg sampioene en hoender by en braai vir nog 5 minute. Gooi room by en kook vir sowat 5 minute of totdat die room heelwat afgekook het. Geur met sout en swartpeper. Skep in ‘n oondvaste bak (of ‘n porselein-papbakkie). Sit die helfte van die blaardeeg bo-op en druk goed vas met jou vingerpunte. Hou res van deeg eenkant. Druk ‘n gaatjie met ‘n mespunt in die middel van pastei. Verf met eier en bak vir 15 minute of tot goudbruin. Sit warm voor. Bêre die res van die blaardeeg in die yskas vir die olyftert (regs) – of vries dit as jy dit later in die maand wil maak.