Friday 6 June 2014

Franse Roosterbrood met Vye en Bessies



Franse Roosterbrood met Vye en Bessies
Bedien 2 3 Eiers
2 E Suiker
Suurlemoenskil van 1 suurlemoen
½ t Vanielje
¼ t Sout
1 K Melk
2 E Botter
2 Snye dagoud Plaasbrood
Vars vrugte om mee te bedien
Vars room en roomys om mee te bedien
Versiersuiker om oor te strooi

• Begin deur die vla te berei. Meng die eiers, suiker, vanielje, sout en melk saam.
• Plaas die snye brood in die vla en laat toe om vir ongeveer 1 uur te week.
• Verwyder uit die vla en plaas die geweekte snye op ‘n bord.
• Verhit ‘n pan wat groot genoeg is om beide snye te akkommodeer. Sodra verhit, voeg die botter by en dan die snye.
• Maak die snye vir ongeveer 3 minute gaar. Druk ‘n paar keer liggies met ‘n eierspaan af op die snye. Skep nou met ‘n soplepel van die vla en gooi dit liggies oor die brood. Laat dit toe om vir ‘n paar sekondes te week voordat die brood omgedraai word. Maak vir ‘n verdere 3 minute gaar.
• Sit nou die pan versigtig in ‘n voorafverhitte oond teen 180°C. Bak vir ongeveer 15 minute of totdat die brood begin oppof.
• Verwyder uit die oond, plaas om kombuispapier en dreineer enige ekstra botter.
• Plaas op ‘n bord en versier met vrugte. Drup ‘n bietjie room oor en bestrooi baie liggies met versiersuiker.