Friday 6 June 2014

Pynappelpoeding




Pynappelpoeding Dié poeding vorm ‘n romerige laag onder-in en koek bo-op. Ek maak graag ‘n dun vla van klappermelk hierby, dan het die poeding ‘n egte tropiese geur.
80 ml bruismeel
2 ml sout
125 ml strooisuiker
2 eiers, geskei
125 ml melk
15 ml suurlemoensap
100 ml fyn pynappel
80 ml pynappelsap Voorverhit die oond tot 180 °C en smeer ‘n oondbak van 22 cm met botter. Sif die meel, sout en strooisuiker saam. Klits die eiergele saam met die res van die bestanddele tot gemeng en voeg by die droë bestanddele. Klits tot gemeng. Klits die eierwitte tot sagte punte vorm en vou in. Giet in die gesmeerde bak en plaas in ‘n groter oondbak wat half vol water gemaak is. Bak vir 45 minute tot goudbruin.
Genoeg vir 4-6 mense.