Tuesday 3 June 2014

Florrie se vis troossop




Florrie se vis troossop - RSG
Bestanddele
500g vis afval, die kop, stert en grate...
2 lourierblare
1 ui
1½ - 2 liter water
1 eetlepel botter

1 koppie room
1 ui, gekap
3 seldery stingels, gekap
3 wortels, gekap
1 raap of 1 aartappel
30g koekmeel
'n knippie kruie
250g stokvis, in blokkies gesny
½ teelepel borrie
visaftreksel
1 koppie melk, room of ingedampte melk
'n Handvol pietersielie, gekap

Metode
Kook die visafval, lourierblare en uie vir 30 minute in die water.
Dreineer, gooi die afval weg.
Nou het jy visaftreksel.
Braai nou die groente in botter.
Voeg die kruie, meel en borrie by.
Sodra die uie deurskynend is, roer goed.
Voeg die warm aftreksel stadig by.
Roer goed om klonte te voorkom.
Laat dit vir 10 minute prut.
Voeg die blokkies vis by.
Prut vir 5 minute.
Voeg die room/melk of ingedampte melk en pietersielie by.
Bedien met vars brood